NewsNews

Man in hegtenis na polisie omkoopgeld weier

ʼn Man is Saterdagoggend (8 Julie) omstreeks 05:30 in hegtenis geneem nadat hy gevang is in besit van vermoedelike gesteelde beeste, die man het glo ook die polisiebeampte probeer omkoop.

ʼn Man is Saterdagoggend (8 Julie) omstreeks 05:30 in hegtenis geneem nadat hy gevang is in besit van vermoedelike gesteelde beeste, die man het glo ook die polisiebeampte probeer omkoop.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die polisie gekontak nadat ʼn verdagte voertuig wat beeste vervoer naby die Wilgeboom plotte gesien is. Die polisie het die bestuurder van die voertuig genader waarna hulle gevra het vir bewys dat die beeste aan hom behoort.

“Hy kon geen bewyse lewer nie, hy het ook nie ʼn bestuurslisensie gehad nie,” het Manyoba gesê.

Volgens Manyoba het die man glo ongeveer R3000 vir die polisiebeampte aangebied. Die beampte het die omkoopgeld geweier waarna hy die man op aanklag van besit van vermoedelike gesteelde eiendom asook omkopery in hegtenis geneem het.

“Daar is ook ʼn groot bedrag geld in die man se besit gevind,” het Manyoba gesê.

Related Articles

Back to top button