NewsNews

Uit my dagboek: Pappa se seun: Dankie Gimmies-manne

Met alle goeie intensies neem ek  vir Aiden om die Luiperds grootskole halfeindstryd by Gimmies te gaan kyk. Met alle goeie intensies neem ek die afgelope naweek vir Aiden om die Luiperds grootskole halfeindstryd by Gimmies te gaan kyk. My alma mater, KHS en so ook my vrou se ou skool, Wesvalia, het gespeel. ‘n …

Met alle goeie intensies neem ek die afgelope naweek vir Aiden om die Luiperds grootskole halfeindstryd by Gimmies te gaan kyk.
My alma mater, KHS en so ook my vrou se ou skool, Wesvalia, het gespeel. ‘n Lekker pa en seun dag. Ek moes seker van beter geweet het dat ons nie veel van die rugby gaan sien nie. Waarvoor ek in elk geval bly is, omdat KHS aan die hande van ‘n sterk Lichtenburgspan ‘n pakslae gekry het.
My aandag was verdeel tussen Aiden wat langs- en soms op die veld rondgehardloop het, en die wedstryd.
Met ons aankoms het Aiden heel opgewonde gelyk. “Kyk al die manne dadda,”. Net om duidelikheid te gee, as iemand ‘n rugbytrui en -kouse aan het, dan is hy volgens Aiden ‘n “manne.”
Na die KHS debakel, besluit ons om op die pawiljoen te gaan sit om te sien hoe Gimmies vir Wesvalia ’n les leer.
Ons kon net twee minute van die wedstryd kyk, toe Aiden besluit hy wil nie meer stilsit nie. Na ’n rukkie se rondhardloop het hy aanklank gevind by Gimmies se o.15 A-span. Dié span het langs ons gesit, en Aiden kon hulle nie uitlos nie. Gelukkig was hulle ’n baie aangename klomp ouens wat te lekker saam met hom gespeel het. Aiden vra vir die bal en hulle gooi vir hom, dan gooi hy terug. Na ’n rukkie het hy besluit om tussen die manne in te klim, skyfies is uitgedeel en ek dink vir ’n oomblik het hy gevoel hy is deel van die Gimmies manne.
Dit het my ook kans gegee om die wedstryd tussen Gimmies en Wesvalia te kan kyk. Met halftyd tydens die eerstespan se wedstryd het die manne opgestaan om te gaan opwarm, maar helaas moes ons maar terug huis toe. Met “high fives”, ’n laaste skyfie en ’n vriendelike “baai manne” van Aiden af, is ons daar weg. Ek het nie die manne se name gekry nie, maar wil net dankie sê – nie net het julle gemaak dat ek ’n bietjie van die rugby kon kyk nie, maar ook gewys dat tieners nie eintlik so sleg is soos mense sê nie.
Dankie Gimmies-manne.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button