NewsNews

Koei lewendig geslag na voertuig haar tref

‘n Koei is lewendig geslag na sy deur ‘n voertuig getref is.

Omstanders het nie op hul laat wag om hul ‘pond vleis’ te eis van die arme dier wat onlangs deur ‘n voertuig raakgery is nie.

Luidens ‘n verklaring van die Nasionele Dierebeskermingsvereniging is insp. Annette Muller van die King Williams Town-DBV, in die Oos-Kaap,  omstreeks 18:25 Sondagaand (2 Julie)  na die wrede toneel op die N2 in Breibach, ontbied.

Met die DBV se aankoms by die toneel het hule gesien hoe mense die koei lewendig slag met ‘n byl. Een van die koei se agterbene was toe reeds wreed verwyder.

Insp. Muller het probeer om die mense van die koei weg te kry sodat hulle kan ophou om haar te martel, maar hulle het baie aggressief begin raak en haar weggestamp.

Sy kon dit egter reg kry om die koei se lewe op ‘n menslike manier te beëindig.

“Ek het probeer om die mense weg te stamp van die koei en ek het gesê hulle moet ophou om die koei te slag. Ek het in my lewe nog nooit ‘n koei so hoor bulk as gevolg van angs nie. Ek wou net die koei se lewe beëindig,” lui die persverklaring.

Die NDBV is stomgeslaan deur die voorval en sê dit is duidelik dat die mense sonder enige deernis teenoor die dier opgetree het

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button