NewsNews

Pensioenaris stap land plat met kruis

Met die kruis loop hy van dorp tot dorp. Van Rustenburg tot in Durban.

Met die kruis loop hy van dorp tot dorp. Van Rustenburg tot in Durban. Die 56-jarige Patrick Styles, vertel dat die Here dié kruistog op sy hart gelê het.  Sy doel is om mense op sy roete te wys die Here leef en dat mense gefokus moet bly op die Here – op die kruis. “Die hoop en genade is by die kruis”, sê Patrick, ’n  pensionaris, wat verlede week ook hier in Parys op pad na Kroonstad kon getuig hoe goed die Here vir hom is. Elke dag op sy roete het hy ’n  slaapplek en ’n  bord kos gekry sonder dat hy vooraf reëlings getref het.  Patrick glo daar is hoop vir Suid-Afrika en sy mense en solank daar hoop is sal hy die kruis dra.

Related Articles

Back to top button