NewsNews

Nuwe bloedtoets kan mense met prostaatkanker se lewe red

Nuwe bloedtoets kan mense met prostaatkanker se lewe red Mandatory Credit: Photo by REX Shutterstock (4945565a) Cover Media MODEL RELEASED Blood samples in test tube rack VARIOUS Volgens Huisgenoot is dar ’n nuwe bloedtoets wat kan wys of iemand aggressiewe prostaatkanker kan ontwikkel. In ’n studie deur ’n Londense universiteit kon wetenskaplikes selle in die …

Mandatory Credit: Photo by REX Shutterstock (4945565a) Cover Media

Mandatory Credit: Photo by REX Shutterstock (4945565a) Cover Media MODEL RELEASED Blood samples in test tube rack VARIOUS
Volgens Huisgenoot is dar ’n nuwe bloedtoets wat kan wys of iemand aggressiewe prostaatkanker kan ontwikkel. In ’n studie deur ’n Londense universiteit kon wetenskaplikes selle in die bloed identifiseer wat toon wie ’n groter kans het om aan dié kanker te sterf.  Die span, gelei deur dr. Yong-Jie Lu, het nuwe selvasleggingstegnologie genaamd Parsortix gebruik om bloedmonsters van 81 prostaatkankerlyers te bestudeer.  Die toets vorm deel van ’n nuwe reeks van “vloeibare biopsies”, en dit is 92 persent akkuraat met die identifisering van pasiënte by wie die kanker sou versprei.

Dié verspreidingsproses is bekend as metastase en dis verantwoordelik vir meer as 90 persent van kankerverwante sterftes. Huidige tegnieke is net ongeveer 80 persent akkuraat en behels ’n pynlike biopsie en duur skanderings. Die resultate is in die tydskrif Clinical Cancer Research gepubliseer. “Dit sal beteken ons kan metastatiese prostaatkanker vroeër opspoor, en ons het dus ’n beter kans om die siekte te beheer. Dit gaan lewens red,” het Lu gesê. “Hierdie werk bied soveel moontlikhede wat kankerpasiënte tot voordeel kan strek. Ons doen reeds nog toetse op monsters en sal binnekort breër kliniese toetse onderneem om die  doeltreffendheid daarvan te bevestig. Ons werk ook daaraan om uit te vind of die toets vir ander soorte kanker gebruik kan word.” Prostaatkanker is die algemeenste kankersoort by Westerse mans en in die algemeen kom dit die vierde meeste voor. Dit ontwikkel gewoonlik stadig en daar kan dus jare lank geen waarskuwingstekens wees nie. Vinnige behandeling is lewensnoodsaaklik vir mans met ’n aggressiewe vorm daarvan.

Die studie is befonds deur Orchid (Fight Male Cancer), Cancer Research UK en Angle plc, die maatskappy wat Parsortix ontwikkel het. Dr. Catherine Pickworth van die Cancer Research UK sê sy hoop die toets kan dokters help om beter besluite te neem wat behandeling betref. “Die hoofrede waarom mense aan kanker sterf, is dat dit na ander dele van die liggaam versprei. Danksy hierdie studie is daar moontlik ’n nuwe manier om die verspreiding by prostaatkankerlyers te monitor,” het sy bygevoeg.  ( Bron: Huisgenoot)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button