NewsNews

Wees die bestuurder van jou eie emosies

Die ervaring van spanning, angs, vrees en woede is noodsaaklik vir ons. Vanweë die mens se inherente behoefte aan balans en harmonie, dien die ervaring van negatiewe emosies juis as ‘n uitstekende geleentheid vir groei en ontwikkeling in die proses van aanpassing en behoefte om homeostase te herstel d.m.v. self-regulasie. Daarteenoor is inligting rakende die… …

Adele Botha - Leefstyl konsultant

Die ervaring van spanning, angs, vrees en woede is noodsaaklik vir ons. Vanweë die mens se inherente behoefte aan balans en harmonie, dien die ervaring van negatiewe emosies juis as ‘n uitstekende geleentheid vir groei en ontwikkeling in die proses van aanpassing en behoefte om homeostase te herstel d.m.v. self-regulasie. Daarteenoor is inligting rakende die effek van meer gereelde of langdurige ervaring van negatiewe emosies volop beskikbaar, asook die gepaardgaande negatiewe effek wat die aanhoudende afskeiding van o.a. kortisol en adrenalien op ons fisieke en psigiese welstand het.

Vir hierdie rede wil ek vir ‘n slag die positiewe kant en die voordele van effektiewe self-regulasie en emosionele bestuur, in die vorm van verstaanbare begrippe met jul deel.

Ons beleef daagliks verskeie subtiele en/of meer intense emosies wat iewers in ons liggame presenteer, in die vorm van ‘n fisiese gevoel, soos wanneer jy bewerig besef dat jy jouself “lam” geskrik het, indien jy nie geslaan het of die hasepad gekies het nie (vries, veg of vlug reaksie). Hierdie verskynsel dui op die delikate en uiters komplekse sinergie wat bestaan tussen die brein en die liggaam.

Neuropsigologiese navorsing dui daarop dat jou gedagtes/denke en gepaardgaande emosies jou persepsie en belewenis van realiteit en jou subjektiewe ervaring van algemene welstand beïnvloed. Indien ons die dele van die brein wat by emosies betrokke is, argumentsonthalwe in vereenvoudigde dele sou indeel, onderskei ons tussen die “dink”/kognitiewe deel (pre-frontale korteks verantwoordelik vir o.a. komplekse denke en uitvoerende funksies), die voel of emosionele deel en die reaksie (veg-of-vlug) deel, beter bekend as die sentrum van emosies (limbiese sisteem en sluit o.a. amygdala, hipotalamus en hipokampus in waarin die emosionele verwysingsraamwerk/geheue gevestig is en wat instinktiewe gedrag, reaksie op die belewenis van eksterne stimulus, asook dienooreenkomstige gedrag bepaal).

Die chemiese komponente wat gepaard gaan met positiewe emosies sluit o.a. dopamien, prolaktien, endorfien, serotonien, melatonien, oksitosien en ook die mees onlangse toevoeging van hipokretien/orexin wat ook sosiale interaksie beïnvloed, in.

Wanneer ons begin bewus raak van ons emosies en dienooreenkomstige gedrag, daaroor kan dink en reflekteer en dit objektief en sonder oordeel kan evalueer, bevind ons, onsself in ‘n posisie van selfbemagtiging, wat ons in staat stel om bewustelike, positiewe gedragsaanpassings te maak, tot voordeel van ons fisiese en psigiese welstand. Volgende keer meer oor “auto-pilot”, aksie vs. reaksie en voordele van effektiewe emosionele regulasie.
* Vir meer inligting, vrae of voorstelle oor aktuele psigiese- en sosiale aspekte, stuur gerus ‘n e-pos na born2bmore101@gmail.com

Related Articles

Back to top button