NewsNews

Potchefstroom se harte gaan oop vir PAWS

Potchefstromers het die afgelope week gewys dat hulle wel omgee vir die diere wat deur PAWS versorg word. Potchefstromers het die afgelope week gewys dat hulle wel omgee vir die diere wat deur PAWS versorg word. Nadat ’n berig in verlede week se Herald verskyn het oor PAWS wat moontlik hul deure sal moet sluit …

Potchefstromers het die afgelope week gewys dat hulle wel omgee vir die diere wat deur PAWS versorg word.
Nadat ’n berig in verlede week se Herald verskyn het oor PAWS wat moontlik hul deure sal moet sluit weens ’n tekort aan fondse, het Potchefstroom besluit om saam te staan en iets te doen om te help.
Texas Saloon het oor die naweek R3 000 ingesamel, deur R10 by elke drankie te voeg wat hulle verkoop het. “Ons het mense ’n keuse gegee: betaal die normale prys, of betaal die PAWS prys,” sê die eienaar van Texas Saloon, John Wayne.
Die geld wat ingesamel is, is gebruik om kos te koop vir die diere. Ongelukkig kan R3 000 net kos koop vir sowat twee en ’n half dae. Texas Saloon het die PAWS prys wel nou ’n instelling gemaak en wil ander kuierplekke en besighede aanmoedig om dieselfde te doen.
“Dis ’n maklike instelling wat PAWS baie kan help,” sê Wayne.
Bestuurder van PAWS, Andries Venter sê dat hulle oorweldig is deur die skenkings en mense wat bereid is om te help. Hy sê baie mense het skenkings inbetaal en debietorders geteken om maandeliks geld aan PAWS te skenk.
CX Fitness hou ook die naweek ’n Pedal 4 PAWS fietsry-marathon waar besighede gaan fiets trap om geld in te samel vir PAWS. Daar word ook op 30 Junie ’n gholfdag ten bate van PAWS gehou.
PAWS hou ook elke maand die PAWS-mark en vra dat die gemeenskap hulle sal ondersteun deur die mark by te woon of daar uit te stal.
Die volgende PAWS-mark word op Saterdag 24 Junie vanaf 09:00 tot 14:00 by Viljoenstraat 2 gehou. Die eerste 150 mense wat na die mark toe kom, kan ’n mikroskyfie vir net R50 kry. Dié skyfies kos gewoonlik R150. Alle stalletjiegelde gaan direk aan PAWS. Vir meer inligting skakel Corné by 082 739 8154.


Related Articles

Back to top button