NewsNews

Dit gaan beter met egpaar

Dit gaan baie beter met Jacques en Nadine Olivier nadat hulle op 16 Junie brandwonde opgedoen het toe ’n  ethanol-brander ontplof het. Beide is steeds in die hospitaal. Jacques is uit die intensiewe sorgeenheid. Nadine is steeds onder sedasie maar sal na verwagting volgende week “wakker” gemaak word, sê Evan, die egpaar se seun. Jacques …

Dit gaan baie beter met Jacques en Nadine Olivier nadat hulle op 16 Junie brandwonde opgedoen het toe ’n  ethanol-brander ontplof het.
Beide is steeds in die hospitaal. Jacques is uit die intensiewe sorgeenheid. Nadine is steeds onder sedasie maar sal na verwagting volgende week “wakker” gemaak word, sê Evan, die egpaar se seun.
Jacques en Nadine was by Evan toe die
estetiese huishoudelike toestel wat ’n klein vlammetjie maak wanneer dit aangesteek word, ontplof het toe Jacques dit wou opvul nadat die vlammetjie doodgegaan het. Van die ethanol het op Jacques en Nadine gespat.
Jacques is onderwyser en departementshoof vir Wiskunde by die Parys Primêre skool, en ook tennis-krieket- en rugby-afrigter, terwyl Nadine graadhoof en koördineerder vir graad R is by die Parys Primêre skool.
Jacques het 6% brandwonde op sy gesig, terwyl Nadine 15% brandwonde aan haar gesig en hande het. Beide se brandwonde is oppervlakkig en behoort daar geen permanente letsels te wees nie, sê Evan. Hy sê die dokters is baie tevrede met sy ouers se vordering.

Related Articles

Back to top button