AfriForum herstel meer as 2 000 slaggate in Potchefstroom
Die AfriForum-tak in Potchefstroom het binne vier maande reeds meer as 2 000 slaggate in die stad herstel. Die AfriForum-tak in Potchefstroom het binne vier maande reeds meer as 2 000 slaggate in die stad herstel. “Ons sal nie meer terugstaan en toekyk hoe Potchefstroom agteruitgaan nie,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes. …
Die AfriForum-tak in Potchefstroom het binne vier maande reeds meer as 2 000 slaggate in die stad herstel.
“Ons sal nie meer terugstaan en toekyk hoe Potchefstroom agteruitgaan nie,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.
Hy sê AfriForum sal voortgaan om deur die loop van die jaar nóg slaggate in die stad te herstel.
“Ons sal inwoners bystaan om te verseker dat die stad se toestand nie verder versleg weens die onbevoegdheid van die munisipaliteit nie,” sê hy.
Volgens Oosthuizen hou AfriForum se Potchefstroom-tak statistiek by van elke slaggat wat herstel is en in watter strate dit gedoen is.
“Die tak is hier om ’n positiewe bydrae in die stad te maak en ons doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.
Ons moet minder van die regering afhanklik wees en eerder selfonderhoudend word. Inwoners kan betrokke raak deur “Gat” na 45351 te SMS. Dit kos R1”, sê Herman Swiegers, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-tak.