NewsNews

Oud-Patrys en vriende reik uit met Bybels vir Knysna

Dawie Fouché, oud leerder van Hoërskool Parys en 2013 VRL-President, het saam met mede Potch-studente sy hart oopgemaak vir die mense van Knysna. Die groep jongmense het geld ingesamel om Bybels te koop vir inwoners van Knysna wat ly onder die skade van die onlangse brande in die gebied. Dawie het saam met Francoize van …

Dawie Fouché, oud leerder van Hoërskool Parys en 2013 VRL-President, het saam met mede Potch-studente sy hart oopgemaak vir die mense van Knysna.
Die groep jongmense het geld ingesamel om Bybels te koop vir inwoners van Knysna wat ly onder die skade van die onlangse brande in die gebied.
Dawie het saam met Francoize van Straten die projek begin. Later het hulle Anre Vorster en Marie Louise Crouse ook ingespan om te help. Bydraes is van verskeie mense ontvang, finansieël asook mense wat Bybels geskenk het.
Hulle uitreik het meer as R17 290 ingesamel waarmee hulle 303 Bybels gekoop het en na Knysna kon stuur. Daar is onder meer Engelse, Afrikaanse en Xhosa Bybels, asook Kinderbybels.
Daar word steeds Bybels en geld ingesamel om  na Knysna e stuur. Kontak gerus vir Dawie by 073 750 0001 indien jy ’n  bydrae wil maak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button