NewsNews

Oppas vir dié advertensies

Die polisie waarsku mense om bedag te wees op verkoopsadvertensies op sosiale media. Volgens kapt. Stephen Thakeng, is daar tans verdagtes wat goedere wat nie bestaan nie, op die webwerf Gumtree, adverteer. Die items sluit in motoronderdele, industriële voertuie en onderdele vir vragmotors. Thakeng sê die advertensies word landwyd geplaas en is daar reeds sake …

Die polisie waarsku mense om bedag te wees op verkoopsadvertensies op sosiale media.
Volgens kapt. Stephen Thakeng, is daar tans verdagtes wat goedere wat nie bestaan nie, op die webwerf Gumtree, adverteer. Die items sluit in motoronderdele, industriële voertuie en onderdele vir vragmotors.
Thakeng sê die advertensies word landwyd geplaas en is daar reeds sake van bedrog aanhangig gemaak. Thakeng sê die polisie sukkel al sedert Mei met die probleem, maar daar was al voorvalle in 2012. Meer as 120 vals advertensies is al geplaas. Klaarblyklik het die verdagtes “maatskappye” in verskillende dorpe oor die hele Suid-Afrika.
Thakeng sê as daar navraag is oor die maatskappye word gesê hulle is gelikwideer en ’n  ander besigheidsnaam verskyn dan op sosiale media.
Thakeng se raad is dat mense versigtig moet wees as hul aankope op sosiale media doen. Hy raai mense aan om eers die produk te ontvang voordat ’n  betaling ontvang word.
Mense wat inligting het of self slagoffers was van dié slenter kan kapt. Sandra Erasmus skakel by 081 045 0981.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button