NewsNews

Misvormde lammetjie wat soos ‘n ‘mens lyk’ laat oë rek

Foto’s van ‘n erg misvormde lammetjie, wat met die eerste oogopslag ‘n menslike vorm het, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei en behoorlik die oë laat rek. ‘n Foto van die erg misvormde lammetjie. Daar is deur die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en lanbouhervorming bevestig dat dit nie ‘n slenter is nie. …

‘n Foto van die erg misvormde lammetjie.

Daar is deur die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en lanbouhervorming bevestig dat dit nie ‘n slenter is nie.

Volgesn dr. Lubabalo Mrwebi, hoofdirekteur van die Veterinery Services in Lady Frere in die Oos-Kaap waar die lammetjie gebore is, meen die lammetjie is nie menslik nie, maar ‘n doodgebore skaaplammetjie. Hy vermoed die lammetjie is deur Rift Valley-koors besmet in die vroeë stadium vand ie skaap se swangerskap.

Hy sê ook dit is nie ongewoon vir dragtige diere om vroeg in hul swangerskap deur virusse besmet te word nie. Dit lei egter tot die ontwikkeling van misvormings in die groeiende fetus.

Die departement sal egter ‘n nadoodse ondersoek doen en die resultate sal bekend gemaak word sodra dit afgehandel is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button