News

Gemeenskap spring in om te help met brand by ouetehuis

Die omgee van ’n  gemeenskap in tyd van nood is gisteraand weer opnuut in Parys ervaar toe mense onmiddellik ingespring het om te help toe ’n  brand in ’n  woonstel by die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes na 21:00 Dinsdagaand 20 Junie ontstaan het. Die brand in die slaapkamer kon vinnig geblus word en het nie …

Die omgee van ’n  gemeenskap in tyd van nood is gisteraand weer opnuut in Parys ervaar toe mense onmiddellik ingespring het om te help toe ’n  brand in ’n  woonstel by die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes na 21:00 Dinsdagaand 20 Junie ontstaan het. Die brand in die slaapkamer kon vinnig geblus word en het nie na die ander vertrekke in die woonstel versprei nie.
Die assessor was vanoggend nog besig om te bepaal wat die oorsaak van die brand kon wees.
Die 75-jarige mev. Elsa Viljoen wat alleen in die woonstel bly en reeds geslaap het, is na die Parys-hospitaal geneem waar sy gestabiliseer is en is daarna oorgeplaas na die Vaalpark-hospitaal. Dit gaan goed met haar en volgens Elbé Ferreira, bestuurder van Najaarsrus, is sy vanoggend ontslaan. Sy is by haar kinders
Elbé het vanoggend gesê dat sy ongelooflik trots en baie dankbaar is teenoor haar personeel, die bestuur  en inwoners van Najaarsrus, Parys Sekuriteit, die We Care span, ds. Ian Jonker, Parys Medix en elke persoon wat kom help het. “Alle eer aan ons Hemelse Vader dat daar geen lewensverlies is nie. Ons dien ’n groot en Almagtige Here.
’n Sekuriteitsbeampte van Parys Sekuriteit het met ’n  roetine patrollie by die tehuis die brand by die woonstel opgemerk en dadelik hulp ontbied.  We Care vrywilligers, nood mediese dienste en ander hulp het dadelik gereageer.
Die onmiddellike bure is gisteraand tydelik geskuif maar kon vanoggend reeds weer teruggeskuif word
Dankie vir elkeen wat gisteraand ’n  verskil gemaak het met onbaatsugtige naastediens.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button