NewsNews

PAWS moet dalk binnekort sy deure sluit

PAWS se uitgawes veroorsaak dat hulle nou sukkel om kop bo water te hou. Andries Venter (bestuurder) en Darren Kruger (voorsitter) saam met twee hondjies wat wag om aangeneem te word. Foto: Marianke Saayman “Ons weet eerlikwaar nie hoe lank ons deure nog gaan oop wees nie.” So het Darren Kruger, voorsitter van PAWS (Potchefstroom …

Andries Venter (bestuurder) en Darren Kruger (voorsitter) saam met twee hondjies wat wag om aangeneem te word. Foto: Marianke Saayman

Andries Venter (bestuurder) en Darren Kruger (voorsitter) saam met twee hondjies wat wag om aangeneem te word. Foto: Marianke Saayman

“Ons weet eerlikwaar nie hoe lank ons deure nog gaan oop wees nie.”

So het Darren Kruger, voorsitter van PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) Dinsdag gesê.
Volgens hom is PAWS tans onder erge finansiële druk weens ’n tekort aan befondsing en inwoners en instellings wat hulle geld skuld.

PAWS se uitgawes veroorsaak dat hulle nou sukkel om kop bo water te hou. Hul uitgawes vir Junie is reeds R166 000. “Dit is om diere op straat te gaan haal, hulle te huisves, die hokke te laat skoonmaak, kos en medikasie te gee en verdere uitgawes om na die diere om te sien,” sê hy. Kruger moes die afgelope tyd van sy eie geld vir PAWS gee net sodat hulle nie hul deure sluit nie. Hy het reeds R159 000 aan PAWS bestee.

“Intussen probeer ons nog opgradeer,” sê bestuurder Andries Venter. Hulle het onlangs ’n X-straal masjien aangekoop, sodat hulle nog ’n beter diens by hul veearts kan lewer.

Hulle sou egter nie in so ’n groot nood beland het as kliënte net hul rekeninge betaal het. “Mense kom hier aan met siek honde en sê hulle het nie nou geld nie. Dan help ons waar ons kan en gee die mense tyd om ons af te betaal. Die meeste van hulle betaal egter net nooit hulle rekeninge nie,” sê Kruger.

Venter het ’n dik lêer met agterstallige en onbetaalde rekeninge. Sommige is tot sowat R1 000 uitstaande.
“Mense maak misbruik van ons, maar as iemand instap met ’n siek hondjie, gaan ons weer help, want dit is wat ons doen. Ons help diere,” sê Kruger.

Hy sê daar kom gereeld mense wat vra vir kos vir hul diere, dan gee PAWS vir hulle gratis kos.
“Ons gaan deur R1 500 se kat- en hondekos per dag,” sê hy. Daar is tans sowat 150 honde en 80 katte wat by PAWS woon, maar daar kom daagliks nuwe diere in. Hulle kry ook gereeld ’n hond met haar werpsel kleintjies in die noodhokke. Met die samesmelting van die stadsrade van Tlokwe en Ventersdorp moet PAWS nou na diere in Ventersdorp ook omsien.

Enige skenkings kan na PAWS geneem word by Viljoenstraat 2, of by die Herald se kantoor op die hoek van Piet Uys en Govan Mbeki-Rylaan afgegee word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button