NewsNews

Planne vir nuwe myn gekortwiek

Besorgde inwoners het die afgelope week ‘n stokkie gesteek voor planne van ‘n myngroep om ‘n myn tussen Carletonville en Potchefstroom te vestig. Besorgde inwoners het die afgelope week ‘n stokkie gesteek voor planne van ‘n myngroep om ‘n myn tussen Carletonville en Potchefstroom te vestig. Die Herald het sowat ses jaar gelede berig dat …

download (3)

Besorgde inwoners het die afgelope week ‘n stokkie gesteek voor planne van ‘n myngroep om ‘n myn tussen Carletonville en Potchefstroom te vestig.
Die Herald het sowat ses jaar gelede berig dat ‘n maatskappy, New Heights 147, vir yster en ander minerale in die omgewing tussen Carletonville en Potchefstroom wil begin myn. Die middelpunt van die beplande nuwe bedrywighede was naby die Boskopdam gewees. Dié planne het egter einde verlede jaar weer herleef toe mnr. Johan Human van die maatskappy Minmet Services, in Novembe aangedui het dat dié maatskappy mynregte om vir verskeie minerale te myn, van die Departement van Minerale Hulpbronne ontvang het.
‘n Groep grondeienaars van dié omgewing het egter verlede week ‘n dringende  tydelike interdik teen die oprigting van só ‘n myn bekom.
Dié interdik is in die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegestaan.
Boere van die Oudedorp-omgewing en omgewingsgroepe was ongelukkig oor die planne omdat die maatskappy blykbaar nooit die nodige vergaderings wat deur die wet vereis word, met hulle gehad het nie.
Die bekende omgewingsaktivis en voorsitter van die organisasie die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing (FSE), me. Mariette Liefferink, het ook aangedui dat dié organisasie nie oor die beplande aksies geraadpleeg was nie. Dit is ‘n oortreding
van die wet omdat die FSE ‘n geregistreerde party is wat deur die nuwe mynbou-bedrywighede geraak word.

Related Articles

Back to top button