NewsNews

Kyk saam sterre by Deelfontein

Op Saterdagaand 25 Junie bied Neville Young die eerste sterrekykuitstappie van hierdie seisoen by Deelfontein se sterrewag aan. Neville is reeds ’n  bekende gesig in die Koepel en het jarelange ervaring met sterrekundige aanbiedings. Hy verduidelik onder andere die komplekse bewegings van die planete aanskoulik met behulp van ’n  model van die sonnestelsel wat hy …

Op Saterdagaand 25 Junie bied Neville Young die eerste sterrekykuitstappie van hierdie seisoen by Deelfontein se sterrewag aan. Neville is reeds ’n  bekende gesig in die Koepel en het jarelange ervaring met sterrekundige aanbiedings.
Hy verduidelik onder andere die komplekse bewegings van die planete aanskoulik met behulp van ’n  model van die sonnestelsel wat hy self ontwikkel het. Op die oomblik is die planete Jupiter en Saturnus in die vroeë aandhemel sigbaar.
Met net een dag na nuwemaan behoort daar Saterdag ideale sterrekykomstandighede te wees. Die uitstappie begin om 19:30 met ’n aanbieding in die seminaarkamer van die Koepel Kunstesentrum. Teen 20:30 is dit dan donker genoeg om deur die twee teleskope by die sterrewag die wonders van die naghemel te bekyk.
Toegang kos R100 per persoon. Meld asseblief vooraf by Gerhard Benade aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za en laai die padaanwysings na Deelfontein van die webwerf www.deelfontein.co.za af. Onthou om warm aan te trek! Veral warm skoene en ’n  mus is belangrik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button