NewsNews

Taxibestuurders ontwrig verkeer op snelweë en ander paaie

Stakende taxibestuurders is van vroegoggend besig om snelweë in en om Johannesburg en Pretoria te versper. Die N1 se Allendale-afrit en New Road-afritte is gesluit asook Brakfontein en Buccleuch wens taxis wat die pad blokeer. Verder is Daspoort-tonnel, DF Malan, Soutpansbergweg, Visagiestraat en Kerkstraat ook gesluit. Volgens Twitter-verbruikers is die R21, R55 en Ou Johannesburgweg …

Die N1 se Allendale-afrit en New Road-afritte is gesluit asook Brakfontein en Buccleuch wens taxis wat die pad blokeer. Verder is Daspoort-tonnel, DF Malan, Soutpansbergweg, Visagiestraat en Kerkstraat ook gesluit. Volgens Twitter-verbruikers is die R21, R55 en Ou Johannesburgweg ook nie toeganklik nie.

Daar is gister ‘n waarskuwing uitgereik deur die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie dat die staking vandag plaasvind.

Die staking gaan oor die hoë koste van minibustaxi-aankope. Taxi’s gaan van vroegoggend uit verskeie rigtings in Gauteng na die kantoor van die South African Taxi Finance in Kerkstraat, Midrand, beweeg en om 10:00 hul beswaar aan die direkteurs van die maatskappy oorhandig.

Vertragings op die paaie word tot 08:00 verwag.

Related Articles

Back to top button