NewsNews

Só sal Parys Lingerie se Finie onthou word

Hy was só lief vir sy familie, en sy kleinkinders was sy lewe. Sy hande het altyd gewerk met ’n passie vir wat hy gedoen het. Hy was geliefd en bekend onder sy kliënte met wie sy paaie gekruis het oor die afgelope 22 jaar by Parys Lingerie waarvan hy sedert 1994 die eienaar was. …

Hy was só lief vir sy familie, en sy kleinkinders was sy lewe. Sy hande het altyd gewerk met ’n passie vir wat hy gedoen het. Hy was geliefd en bekend onder sy kliënte met wie sy paaie gekruis het oor die afgelope 22 jaar by Parys Lingerie waarvan hy sedert 1994 die eienaar was.
Hy was iemand wat ná aan die natuur geleef het en graag tuin gemaak, brood gebak en vis gevang het.
Maar Saterdag 17 Junie is dit vir oulaas groet. Die roudiens vir Finie Erasmus sal om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Wes gehou word.
Finie is gister (Woensdag 14 Junie) in die ouderdom van 66 jaar oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, Hettie, suster Rina Griesel, sy kinders en kleinkinders.
Finie was sedert 1963 ’n deel van Parys en sy mense waar hy by by die destydse Arwa fabriek gewerk het, en fabrieksbestuurder was tot 1994 toe die fabriek toegemaak het.
Daarna het hy hy die bekende gesig by Parys Lingerie geword.
Ons innige medelye aan die familie. Die dorp en sy mense sal jou mis. – Red.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button