NewsNews

VF Plus: “”VS munisipaliteite betaal nie derdeparty-aftrekkings oor nie”

“Die VF Plus gaan ʼn klag by die Openbare Beskermer indien ten opsigte van die oorbetaling van derdeparty-aftrekkings by al die munisipaliteite in die Vrystaat.  Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Vredefort, Edenville, Koppies en Heilbron) is een van die munipaliteite aldus die VF Plus wat glo nagenoeg R6,5 miljoen aan salarisbydraes skuld. Die VF Plus se LPW …

“Die VF Plus gaan ʼn klag by die Openbare Beskermer indien ten opsigte van die oorbetaling van derdeparty-aftrekkings by al die munisipaliteite in die Vrystaat.

 Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Vredefort, Edenville, Koppies en Heilbron) is een van die munipaliteite aldus die VF Plus wat glo nagenoeg R6,5 miljoen aan salarisbydraes skuld.

Die VF Plus se LPW in die Vrystaatse Wetgewer, Wouter Wessels, sê het dat daar ʼn sindikaat bedrywig is in sommige Vrystaatse munisipaliteite wat derdeparty-aftrekkings van werknemersalarisse, wat veronderstel is om aan pensioen- en mediese fondse, SARS en ander derdepartye oorbetaal te word, steel.

Wessels sê dat by sommige munisipaliteite, soos die Mantsopa-plaaslike munisipaliteit, wat Ladybrand, Tweespruit, Excelsior en Hobhouse insluit, daar na bewering werknemers is wat lede van die sindikaat is en derdeparty-aftrekkings van ander werknemers se salarisse verhaal en dit dan aan hul vriende en familie oorbetaal. 

 Volgens Wessels is dit nie slegs tot Mantsopa beperk nie en is provinsiale tesourie reeds bewus van sodanige kriminele aktiwiteite en word ondersoek glo reeds ingestel. 

 Wessels het die regerende party kasty vir hulle onvermoë om beheer oor hul munisipaliteite uit te oefen. 

 “Dit is ʼn skande dat hulle die situasie so ver laat gaan het en dit laat mens wonder hoeveel kaders nie dalk self by die onderduimshede betrokke is nie.”” sê hy.

 “Nieteenstaande die moontlike betrokkenheid van ʼn sindikaat in sommige munisipaliteite, maak ander munisipaliteite hul ook skuldig aan kriminaliteit, deur derdeparty-aftrekkings vir operasionele uitgawes aan te wend en nie aan sodanige derdepartye oor te betaal nie.”

Mafube-plaaslike munisipaliteit, wat Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia insluit, se uitstaande skuld aan onder andere SARS en pensioenfondse bedra R16,3 miljoen en R43,8 miljoen onderskeidelik. Die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Brandfort, Verkeerdevlei, Theunissen en Winburg) skuld onderskeidelik R3,8 miljoen en R7,3 miljoen aan SARS en pensioen- en mediese fondse. Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Vredefort, Edenville, Koppies en Heilbron) skuld nagenoeg R6,5 miljoen aan salarisbydraes.  Hierdie munisipaliteite is maar enkele voorbeelde van hierdie wanpraktyk.

 

“Wanneer die munisipale bestuur nie die derdeparty-bydraes wat van werknemers se salarisse afgetrek word aan die korrekte derdepartye oorbetaal nie, steel hulle in effek van hul eie werknemers en dompel die munisipaliteit in ʼn erger finansiële krisis,” het Wessels gesê.

 

Related Articles

Back to top button