NewsNews

Studiefondssentrum: ʼn Vennoot in die verwesenliking van studente se drome

    Die Studiefondssentrum, ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand bied al sedert 2003 rentevrye studielenings aan jong Suid-Afrikaners. Om jouself in vandag se lewe met ʼn opleiding te bekwaam is werklik ʼn uitdaging. Studielenings by banke dra onbekostigbare hoë rentes en beurse is eenvoudig onbekombaar. Vir weeskinders sonder enige ondersteuningsnetwerke en vele ander behoeftige …

 

 

Die Studiefondssentrum, ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand bied al sedert 2003 rentevrye studielenings aan jong Suid-Afrikaners. Om jouself in vandag se lewe met ʼn opleiding te bekwaam is werklik ʼn uitdaging. Studielenings by banke dra onbekostigbare hoë rentes en beurse is eenvoudig onbekombaar. Vir weeskinders sonder enige ondersteuningsnetwerke en vele ander behoeftige jong mense is die Studiefondssentrum die enigste hoop tot verdere opleiding vir vele jong mense.

Danie Brink uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, sê dat die Studiefonssentrum aan behoeftige studente wat ʼn finansiële tekort het, die nodige hulp bied om seker te maak dat studente kan gaan studeer wat hulle graag wil studeer sonder dat finansies in die pad van hulle drome staan.

Solidariteit Helpende Hand se studiefonds administreer tans 240 onafhanklike studiefondse ter waarde van R40 miljoen waarmee daar vanjaar ʼn rekordgetal van meer as 1 500 studente met rentevrye studielenings gehelp is.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Helpende Hand die afgelope vyf jaar reeds meer as 5 000 studente met hul studies bygestaan. “Die Studiefondssentrum is baie trots op die rentevrye lenings se terugbetalingskoers van 98% en glo dit sê baie van die gehalte student wat deur dié Sentrum bygestaan word. Studente wat aansoek doen vir hulp word streng volgens meriete en behoefte gekeur, en die slaagsyfer onder leninghouers word op sowat 90% beraam – baie hoër as die nasionale gemiddeld,” het Buys gesê.

U kan ʼn reuse verskil maak in die lewe van jong mense deur hulle te bemagtig deur slegs ʼn skenking te gee of selfs ʼn studiefonds te stig. Daar is vele moontlikhede in Suid-Afrika – ʼn toekoms vir almal – maar opleiding bly ʼn sleutel tot sukses.

Sedert die stigting van die Studiefondssentrum het dit byna 100% van jaar tot jaar gegroei. Die Studiefondssentrum hoop om teen 2020, R100 miljoen te bewillig om Afrikaanse-studente se toegang tot hoër onderwys te bevorder. ʼn Klop aan die regte deur – die Studiefondssentrum se deur, kan dalk net iemand se armoede breek of voorkom. Só bou Solidariteit voort aan ons monument vir Afrikaans se toekoms. Sluit by Solidariteit aan en SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1/sms) of laat weet ons waar jy sal wil bou by https://solidariteit.co.za/bousaam/#meningspeiling

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button