NewsNews

6 wenke vir fietsveiligheid op die pad

Die afgelope Sondag is daar ‘n fietsryer op die Schoemansdriftpad doodgery. Die bestuurder van die motor wat die fietsryer raakgery het is kort na die botsing op ‘n klag van strafbare manslag in hegtenis geneem . Fietsryers gebruik gereeld openbare paaie en die gevaar bestaan altyd dat motorsbestuurders weens ‘n gebrek aan sigbaarheid of roekelose… …

Illustrasiefoto.

Die afgelope Sondag is daar ‘n fietsryer op die Schoemansdriftpad doodgery. Die bestuurder van die motor wat die fietsryer raakgery het is kort na die botsing op ‘n klag van strafbare manslag in hegtenis geneem . Fietsryers gebruik gereeld openbare paaie en die gevaar bestaan altyd dat motorsbestuurders weens ‘n gebrek aan sigbaarheid of roekelose bestuur fietsryers raakry.

Hier is 6 eenvoudige wenke wat jou veilig op jou fiets kan hou.

  1. Bly by die algemene padreëls.
  2. Trek klere aan wat helder en sigbaar is. ‘n Reflekteerde baadjie sal dus ‘n goeie opsie wees.
  3. Ry in ‘n groep indien moontlik. Dit verseker groter veiligheid en sigbaarheid. Die vriende in jou groep dien ook as ‘n ekstra oog en oor.
  4. Sit ‘n wit lig voor aan jou fiets sowel as ‘n rooi lig agter wat gedurig flits.
  5. Ry op sekondere paaie, vermy roetes met baie voertuigverkeer.
  6. Ry verkieslik in die dag in sonskynure.
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button