NewsNews

Fietsryer dood na tref en trap

‘n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery. FOTO: ER24 ‘n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery. Die bestuurder van die voertuig het na bewering die toneel verlaat voor enige nooddienste daar kon kom. Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die man in die pad …

Die fiets waarop die man gery het toe hy getref is

FOTO: ER24

‘n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery.

Die bestuurder van die voertuig het na bewering die toneel verlaat voor enige nooddienste daar kon kom.

Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die man in die pad ‘n paar meter van sy fiets af gevind is.

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die man kon doen nie, waarna die man dood op die toneel verklaar is,” het Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, gesê.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is ‘n man kort na die voorval in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag.

“Die verdagte behoort vandag (12 Junie) in die hof te verskyn,” het Chaka gesê.

Die waarnemende stasiebevelvoerder, Kol. Myburgh het die beamptes geprys oor hoe vinnig hulle die verdagte kon vastrek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button