NewsNews

Winter-eksamen wenners

  Die Junie-eksamen is altyd ‘n moeilike een want die tweede kwartaal voel altyd soos die langste van almal. Saam met dit maak die winterkoue dit nie maklik om agter ‘n lessenaar te moet sit en leer nie. Maar hier is ‘n paar wenke om te help met die studiesessies wat voorlê: Kry genoeg slaap. …

 

Die Junie-eksamen is altyd ‘n moeilike een want die tweede kwartaal voel altyd soos die langste van almal. Saam met dit maak die winterkoue dit nie maklik om agter ‘n lessenaar te moet sit en leer nie. Maar hier is ‘n paar wenke om te help met die studiesessies wat voorlê:

  • Kry genoeg slaap. Iets wat nog altyd lekker vir my werk is om vroeg te gaan slaap en dan vroeg op te staan, dan is jou brein vars en jy is uitgerus.
  • Kyk wat jy eet! Maak seker jy kry minstens drie gebalanseerde etes in elke dag, saam met peuselhappies terwyl jy leer. Bilting, neute, gedoogte vurgte en peppermente is altyd my eerste opsies.
  • “An apple a day keeps the doctor away” maar vitamienes help ook. Kry ‘n goeie vitamien-aanvulling by die apteek, verkieslik iets wat ‘n energie-opkikker bevat.
  • Sekere mense kan baie lekker leer met musiek. As jy een van hulle is probeer om videospeletjies se klankbane af te laai en te luister. Hierdie musiek is spesifiek gekomponeer om aandag en fokus te versterk (en dit luister ‘n bietjie lekkerder as klassieke musiek!)
  • Die beste motivering is resultate, daarvoor werk to-do-lysies baie goed. Deur ‘n lysie van al jou leerwerk neer te skryf en dood te trek soos wat jy dit afhandel is ‘n baie lekker gevoel!
  • Met die koue is dit belangrik om warm te bly. Hou altyd jou voete snoesig toegedraai in pantoffels of sokkies. ‘n Warmwatersak op jou skoot hou die bewerasies van die koue weg.
  • Die lekkerste manier om te leer, is om ‘n breek te vat! Die aanbevole studietyd is ‘n uur se leer, gevolg deur ‘n twintig minute breek.
  • Moenie al jou aandag aan die leerdery spandeer nie, onthou om oefening in te kry soos om te gaan draf of selfs joga.
  • Beloon jouself deur iets lekker nou en dan te doen, dalk ’n episode van jou gunsteling TV storie te kyk of ‘n hoofstuk in ‘n boek te lees.

Sterkte aan al die skoliere en studente wat besig is met eksamen. Mag hierdie wenke help en mag julle die vrugte van julle harde werk pluk!

Related Articles

Back to top button