NewsNews

DBV red perd uit diep swembad

NASIONALE NUUS. Die Bloemfonteinse brandweer en die provinsiale ambulanskollege moes Woensdag letterlik ’n wilde perd opsaal om hom uit ’n swembad te red. NASIONALE NUUS. Die Bloemfonteinse brandweer en die provinsiale ambulanskollege moes Woensdag letterlik ’n wilde perd opsaal om hom uit ’n swembad te red. Die bruin hings, wat in ’n swembad in Roodewal …

NASIONALE NUUS.

Die Bloemfonteinse brandweer en die provinsiale ambulanskollege moes Woensdag letterlik ’n wilde perd opsaal om hom uit ’n swembad te red.

Die bruin hings, wat in ’n swembad in Roodewal in Bloemfontein geval het, is met ’n laaigraaf uit die water gelig, wat sy lewe gered het. Dit kom nadat die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (BDBV) vir bykans ’n halwe dag gesukkel het om die perd uit die water te kry. Reinet Meyer, senior inspekteur van die BDBV, sê hulle het Woensdagoggend net ná 08:00 ’n oproep gekry van ’n vrou, M.Y. Honiball, van die hoewegebied Roodewal buite Bloemfontein. Sy het gesê kwaaddoeners het deur die nag ’n hekkie oopgemaak en die perd het uitgekom en in die swembad geval.

“Die swembad is sowat 2 m diep.” Meyer sê hulle het dadelik na die vrou gejaag en vir haar gevra om solank die water uit die swembad te pomp, maar Honiball se krag is sedert Desember af en sy kon nie die water uitpomp nie. “Toe ons op die kleinhoewe aankom, het ons gesien die perd is regtig in ’n groot penarie. Die water was verskriklik koud, groen en vuil en die perd het gebewe van die koue en was erg gespanne. Personeel van die BDBV het toue om die perd gesit en hom probeer uittrek. Die trappies van die swembad was ongelukkig te klein vir die perd om op te trap en dit was baie glad. Die perd het ook baie swak geraak van al die spartel.” Meyer sê toe sy sien hulle gaan die stryd verloor, het sy die brandweer om 10:30 ontbied om te kom help.

“Hulle was blitsig daar en het met ander toue en toerusting probeer om die perd uitgelig te kry. Ongelukkig was die perd te swaar vir sowat 20 mense van die BDBV en brandweer wat almal die perd uit die water probeer haal het.” Toe het die brandweer ’n laaigraaf van die provinsiale ambulanskollege af gereël en die perd is teen omstreeks 13:30 gered. Brandweerlede is dadelik die water in en het ’n harnas vir die perd aangesit, dit om die laaigraaf gebind en hom so uit die swembad getrek. Die hings was eers bietjie swak, maar nadat hy tot verhaal gekom het, het hy begin stap. “Ons het hom ook met ’n kombers probeer warm maak.” Meyer bedank die brandweer vir hul flinke diens. “As dit nie vir hulle was nie, sou die perd waarskynlik gevrek het.” Honiball het nie haar telefoon beantwoord nie.

Related Articles

Back to top button