NewsNews

Musiek in Vredefort dié naweek gehoor

’n  Keur van musiek uit ’n verskeidenheid van genres. Dit is waarna Vredefort se inwoners en besoekers eersdaags kan uitsien wanneer daar konsert gehou word in Vredefort op 11 Junie in die NG Kerk Vredefort.  Die inspirasie vir die konsert kom van die Britse “Royal Variety Show” waar musiek van alle genres, op een verhoog …

’n  Keur van musiek uit ’n verskeidenheid van genres. Dit is waarna Vredefort se inwoners en besoekers eersdaags kan uitsien wanneer daar konsert gehou word in Vredefort op 11 Junie in die NG Kerk Vredefort.  Die inspirasie vir die konsert kom van die Britse “Royal Variety Show” waar musiek van alle genres, op een verhoog aangebied word. Vandaar die naam Versnit of Konsarete a Fapa Fapaneng in Sesotho. Geld wat met die klankkleuspel ingesamel word, sal gebruik word om die Chris van Niekerk Skool te help om nuwe voertuie te koop.
Gaste gaan eers getrakteer word op heerlike sop en broodjies vanaf 11:00, waarna hulle kerk toe sal beweeg om 12:00.
Olga Leonard en Babette Viljoen wat bekendheid verwerf het vir hul toonsettings van ons voorste digters se werke, vlieg van Kaapstad af om aan die konsert deel te neem! God die digter, ‘n Eeu van Eybers, Die rus is elders, Key change en Sixty-love tel onder hul produksies wat almal deur Lize Beekman geregisseer is. Benewens die gedugte span, sal die volgende kunstenaars ook op die verhoog wees: Catrien Mulder Wentink op klavier, Werner Ferreira op orrel, Richann Brüssow met sy kitaar en die Deo Gloria koor onder leiding van Erna Rademan en Marli Kruger, asook die nou reeds bekende  Chris van Niekerk Strings, Gerhard Benade op fagot, die manjifieke Molen Korus uit Potchefstroom en ’n  uittreksel uit Hoërskool Parys se “Liefde is”-blyspel.
Tiaan Strauss kan as tenoor gehoor word, Marelize Hattingh as sopraan, Corlia Kruger (drama), Marguerite van Wyk as sopraan en Carli D’Alebout op viool.
Skakel gerus vir Erna Rademan of die Chris van Niekerk skool om kaartjies teen R100 per persoon  te bekom by 082 565 1085 of 056 9310 119. Kaartjies is ook te koop by National Roadhouse in Parys en Parys Dierekliniek in Middelstraat. Alle Deo Gloria koorlede sowel as personeel van Chris van Niekerk Skool het ook kaartjies.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button