BlogsNewsNewsOpinions

Van ma se kos tot “Ma, hoe maak ‘n mens rys?”

  Die aanpassing van die veilige hawe wat jou ouerhuis is tot die mallemeule van “volwasse” wees. Na skool gaan elke oud-Matriek op hul eie pad, of dit nou Universiteit of ‘n werk is, is daar verskeie aanpassings waar deur jy moet gaan. Ek het die voorreg gehad om altyd ‘n bord tuisgemakte kos by …

 

Die aanpassing van die veilige hawe wat jou ouerhuis is tot die mallemeule van “volwasse” wees. Na skool gaan elke oud-Matriek op hul eie pad, of dit nou Universiteit of ‘n werk is, is daar verskeie aanpassings waar deur jy moet gaan.

Ek het die voorreg gehad om altyd ‘n bord tuisgemakte kos by die huis te kry, my wasgoed gewas, gestryk en opgevou op my bed elke Donderdagmiddag en dan natuurlik ‘n drukkie by my ma as dit ‘n rowwe dag, maand of week was.

Maar in my eerste ses maande op Universiteit het ek gereeld honger gaan slaap want ek kon nie meer two-minute-noodles in my lyf kry nie en my kosmaak vermoëns het redelik net daar geëindig. Later het ek en McDonalds mekaar meer as gereeld gesien, wat die berugte eerstejaarsindroom tot gevolg gehad het.

Ek moes verskeie van my gunsteling kledingstukke groet, want ‘n wasmasjien en ek was nie maatjies nie, om nie eers te praat van ‘n strykyster nie! (wenk vir nuwe student: lees die instruksies in die hemp se kraag, of bel jou ma en vra hoe om dit te doen).

Verder het Universiteit my geleer om absoluut my skool met ‘n hart meer te waardeer want die enigste harte wat daar op ‘n kampus is, kruip in die kadawers in die BsC fakulteit weg. Toetsweek is soos jou eindeksamen se werkslading maal drie, net in ‘n tiende van die tyd.

Die grootste skok vir my naïewe-self was in terme van finansies – WEET JULLE MENSE WAT KOS KAAS? – ek onthou goed hoe ek my ma eendag in die supermark gebel het om te vra hoe maak ‘n mens rys, want dit is al wat in my studentebegroting ingepas het.

Toe kom die groot opwinding: die eerste vakansie terug by die huis! Om al my vriende weer te sien en weer my kat te kan vashou. Maar saam met die opwinding kom die hartseer dat niemand meer is wie hulle op skool was nie. Almal op Universiteit het nuwe vriende gemaak en skielik besef jy dat die meeste mense net vriende was, omdat julle in dieselfde klas was vir vyf jaar. Saam met dit leer jy natuurlik ook wie is die mense met wie jy ‘n pad in toekoms kan stap.

Die vakansie  by die huis het ook verskeie kooklesse by my ma en basiese DIY-sessies saam met my pa ingesluit (dit is belangrik om te weet hoe om ‘n gat in ‘n muur te boor vir ‘n skroef want as jy wondergom gaan gebruik, trek jy net die verf af!)

Na die eerste ses maande raak dit beter. Jy kies jou vriende volgens julle belangstellings en nie volgens jou klas of netbalpan nie. Jy besluit wat jy wil dra oor jy daarvan hou, nie oor die modes wat ander skep op die skoolstoepe nie. Jy kan iewers heen gaan en iets gaan doen, sonder dat jou ouers vra hoelaat kom jy huis toe! Vir die eerste keer glo ek almal wat altyd gepreek het: jou studentedae is die beste tyd van jou lewe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button