NewsNews

Maak seker jy en jou gesin is veilig

Die Parys Gemeenskap Polisiëringsforum is bekommerd oor ’n styging in misdaad veral waar dit kom by die toe-eiening van goedere, en vra die gemeenskap om saam te staan in die bekamping van misdaad. Misdrywe soos diefstal, huisbraak, roof, winkeldiefstal, handsak- en selfoondiefstal, en diefstal uit motorvoertuie ly tot onnodige swaarkry en verarming. As jy gesteelde …

Die Parys Gemeenskap Polisiëringsforum is bekommerd oor ’n styging in misdaad veral waar dit kom by die toe-eiening van goedere, en vra die gemeenskap om saam te staan in die bekamping van misdaad. Misdrywe soos diefstal, huisbraak, roof, winkeldiefstal, handsak- en selfoondiefstal, en diefstal uit motorvoertuie ly tot onnodige swaarkry en verarming. As jy gesteelde goedere koop of in ontvangs neem, veroorsaak jy dat meer slagoffers ly juis omdat jy ’n mark vir hierdie gesteelde goedere skep en kriminele aanmoedig om aan te hou met steel.
As diewe aanhou steel om die aanvraag na daardie gesteelde goedere te bevredig, dan pleeg hulle ook ander misdrywe langs die pad – selfs moord, aanranding of verkragting.
Die ontvangs van gesteelde goedere is strafbaar en jy kan help deur enige goedere wat jy vermoed gesteel is, aan te meld by die polisie se Stop Misdaad nommer 08600 10111.
Onthou ook huisroof is as iemand geweld, of die dreigement van geweld gebruik om iets te steel uit ’n residensiële perseel. As by jou woning ingebreek is, moet jy onmiddellik jou naaste polisiestasie kontak en wag dat vingerafdrukke en verklarings geneem word voordat jy self aan enigiets raak. Moet ook nie privaat sekuriteitsmaatskappye toelaat om die huis binne te gaan en aan enigiets te raak voordat die polisie opdaag nie. Dit sal help as jy ‘n lys van die fabrikaat, model en reeksnommers van enige elektriese toerusting en ander waardevolle items byderhand het.
Wenke om jou woning te beveilig
* Verhoed huisroof en diefstal deur alle noodnommers te ken.
* Maak voorsiening vir goeie beligting aan die buitekant van jou huis, maar onthou om die ligte af te skakel gedurende die dag. Misdadigers sien buiteligte wat aan is gedurende die dag, as ‘n teken dat niemand by die huis is nie.
* Moet nooit jou buitehekke, motorhuis en voor- of agterdeur oop los, of selfs net gedeeltelik oop los nie. Daardeur skep jy ‘n uitnodiging vir ‘n inbreker om op jou erf te kom of jou huis te betree.
* Onthou om nooit deure outomaties oop te maak as die klokkie lui of iemand aan die deur klop nie. Maak doodseker wie die persoon is aan die anderkant van die deur of veiligheidshek. Praat met jou tuinwerker en huishulp oor die nodigheid van sekuriteit; op daardie wyse sorg jy ook vir sy/haar eie veiligheid. Kom ooreen op ‘n prosedure wat julle by die huis sal volg as daar enigiemand is wie toegang tot die erf of huis moet kry en sorg dat jou huishulp deeglik die prosedure ken.
* Hou in die nag slegs vensters oop wat behoorlike stewige diefwering het.
* Installeer ‘n alarmstelsel met ‘n paniekknoppie, verkieslik gekoppel aan ‘n sekuriteitsmaatskappy.
* Maak seker dat alle voertuie gesluit is. Moenie waardevolle items oornag in ‘n voertuig los nie en pak enige voorwerpe wat teen jou gebruik kan word weg, byvoorbeeld grawe, toue of ‘n leer.
* Maak seker dat enige outomatiese hek ‘n bystandbattery het en dat alle afstandbeheer in goeie werkende toestand is.
* Installeer ‘n veiligheidshek binne-in jou woning om die voorste vertrekke van jou slaapkamers te skei. Die Parys GPF vra dat mense die volgende noodnommers byderhand hou:
Parys polisiestasie: 056 816 2500
Koppies polisiestasie: 056 777 2811
Vredefort polisiestasie: 056 931 0002
Heilbron polisiestasie: 058 853 5211
Edenville polisiestasie: 056 631 0005
Landelike en Gemeenskapveiligheid: 076 683 4544
Radio Light Patrols se Ryno Lindeque: 084 600 0536
Radio Light Patrols se Wynand Nel: 082 629 1553
Parys Sekuriteit: 056 817 6030
CSS Sekuriteit Parys: 056 811 5345

Related Articles

Back to top button