NewsNews

Hond byna deur groep mans gestenig; nou spekvet en gesond

VEREENIGING. – Uitgeteer, brandmaer en vreesbevange is hy deur ‘n groep mans met klippe bestook. Was dit nie vir die Vereeniging/Vanderbijlpark Dierebesermingsvereniging (DBV) se flink optrede, nie sou Dennis waarskynlik ‘n aaklige dood gesterf het. Dit is hoe Dennis gelyk het toe hy gered is. Maar dié verhaal het ‘n storieboek-einde. Vandag, meer as vier …

Dit is hoe Dennis gelyk het toe hy gered is.

Maar dié verhaal het ‘n storieboek-einde. Vandag, meer as vier jaar later is Dennis, ‘n swart Labrador, spekvet, gesond en geniet hy ‘n liefdevolle lewe. Dit alles te danke aan mnr. Koos Heymans, wat Dennis onder sy vlerk geneem het.

 

Koos het destyds van Dennis te hore gekom en aangebied om van sy mediese onkostes te betaal en ook vir hom ‘n liefdevolle huis te gee.
Dennis is ‘n vriendelike hond, maar steeds skrikkerig. As jy net bietjie hard praat hardloop hy na sy kas buite. Dit is sy plekkie buite die huis waar hy veilig voel. Ek spot altyd en sê hy gaan hou eers in die aand stiltetyd daar voor hy slaap. Dit is soos sy ‘huis’ weg van die huis.
Toe Dennis gered is op 23 April 2013 het ‘n groep mans hom vasgemaak en met klippe bestook. Die DBV het ‘n oproep ontvang oor twee verlore honde wat in Mario Milanirylaan ronddwaal. Inspekteurs Madelane Walter en Codie Fermin het gesoek tot hulle ‘n groep mans bespeur het wat om iets saamgedrom het. Hulle het ondersoek ingestel en gesien ‘n hond is vasgemaak en die mans gooi hom met klippe.
Insp. Walter het dadelik ingespring en hom gered terwyl insp. Fermin met die mans gepraat het. “Hy het gelê en die klippe gekou waarmee hulle hom gegooi het. My hand was vol klein klippies wat uit sy bek gekom het,” het insp. Walters destyds aan Vaalweekblad gesê.
Koos was aan die begin bekommerd dat Dennis nie met sy ander honde oor die weg gaan kom nie, maar dit was verniet. Die honde is groot vriende en speel lekker saam.
Koos kan nie presies onthou hoeveel Dennis geweeg het toe hy gered is nie, maar in ‘n stadium het hy net 12kg geweeg, en is nou al ‘n stewige 38kg. “Ek dreig baie om hom op ‘n dieet te sit, maar ek kry dit nie oor my hart nie.” Dennis kon na hy gered is, net fyn hoender en rys eet en soos wat hy gewig aangesit het, kon hy weer ‘n normale dieet volg.

Die berig wat vier jaar gelede in Vaalweekblad verskyn het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button