NewsNews

Ma kraam onverwags; baba beland in toilet

MEYERTON. – Om geboorte te skenk verg beplanning. Die meeste vroue is slaggereed vir wanneer die dag aanbreek. Die hospitaaltassie en alles wat baba mag nodig kry is gepak en gereed om in die kar gelaai te word wanneer die kraampyne begin. Carmi en haar dogtertjie, Harley-Quinn. So ook het Carmi van Heerden, oud-inwoner van …

Carmi en haar dogtertjie, Harley-Quinn.

So ook het Carmi van Heerden, oud-inwoner van die Vaaldriehoek, alles haarfyn beplan vir die groot oomblik. Sy sê sy is die tipe mens wat van natuurlikheid hou en het besluit op watergeboorte. Sy en haar man Gert het ook ‘n kursus in “hypnobirth” gedoen waar jy leer hoe om te ontspan en asem te haal tydens die proses. Carmi se vroedvrou, doula (die persoon wat mamma en pappa fisies en emosioneel bystaan voor, tydens en na die geboorte) was almal gereed, maar op 39 weke het klein Harley-Quinn hulle op 28 Maart verras en dit boonop nog in die badkamer ook.

 

Hoewel soveel mense vir haar gesê het sy kan nie normaal geboorte skenk na sy ‘n keisersnee gehad het nie, wou sy dit steeds doen. Sy het op ‘n groep op Facebook, VBAC, afgekom waar talle mammas haar vertel het sy kan dit doen en haar sommer meer gemotiveer het.
Ek het die dag ‘n paar krampe gekry, maar niks daarvan gedink nie, want met my eerste kind was ek 28 uur in kraam. Ek het geweet dit is nog nie tyd nie. Dit het soos ‘n gewone dag gevoel.”
Carmi is ‘n “personal trainer” en het die dag nog klasse aangebied, nuwe nagklere gaan koop en haar naels laat doen. “Ek het selfs nog besluit om vir oulaas ‘n “‘selfie” te neem met my boepie – dit is mos wat almal deesdae doen,” skerts sy.
Gert het voorgestel dat hulle die “contraction application” vir haar selfoon aflaai sodat hulle kon kyk hoe ver uitmekaar haar kontraksies is. “Dit was nie lank nie toe hoor ons net ‘n stem wat sê ‘get your wife to hospital, get your wife to hospital’. Carmi het egter gevoel dit is nog nie tyd nie en het in die bad gaan ontspan. Met haar kennis wat sy met die “hypnobirth” kursus opgedoen het, het sy presies geweet hoe om haar asemhaling te beheer en sy was heel rustig. Haar man het vinnig winkel toe gery en toe hy terugkom was die pyne bietjie erger. “Dit het gevoel asof ek badkamer toe moet gaan en uit die bloute het my water gebreek. Dit was soos uit ‘n fliek.
Dit was skaars twee drukke toe is Harley uit, sonder dat ek dit eers besef. Toe ek weer kyk toe lê my pasgebore babatjie van 2.89kg in die toilet. Ek het haar opgetel en vasgehou, handdoeke gekry en haar toegedraai en toe begin sy huil. Dit was ‘n vreemde gevoel, maar ongelooflik. Ek het nooit eers tuisgeboorte oorweeg nie en ons was glad nie hospitaal toe nie.”
Die vroedvrou en doula het na my huis gekom om seker te maak alles is reg met Harley en daar was niks fout nie. Die geboorde van die egpaar se eersteling het ook nie heeltemal verloop soos beplan nie. Clark Daniel (19 maande) is drie weke te vroeg gebore, nadat Carmi besluit het om terwyl sy hoogswanger was, ‘n boom in die tuin met ‘n panga af te kap. “Ek het ‘n verjaardagpartytjie vir my man beplan en ek wou ontslae raak van die boom, maar hy het nie daarby uitgekom nie. Ek het dit toe self aangepak en die volgende dag het my kontraksies begin.” Sy was 28 uur in kraam en moes toe ‘n noodkeiser ondergaan.

Carmi, haar man, Gert, en hul twee kinders Clark en Harley.

* Vandag, twee maande later, weeg Harley ‘n stewige 3,8kg en is sy ‘n gesonde babatjie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button