NewsNews

Waarom geen waarskuwing oor klipgooiery?

Jy sien die waarskuwingstekens vir hoë risiko gebiede langs die land se paaie. En jy wonder wat dit beteken. Vir Johan Strydom was dit egter ’n nagmerrie wat hy hom in sy wildste drome nie kon voorstel nie. Vrydag 12 Mei was hy en sy vrou Hazel op pad na hul weeklange vakansie by Mabula …

Jy sien die waarskuwingstekens vir hoë risiko gebiede langs die land se paaie. En jy wonder wat dit beteken. Vir Johan Strydom was dit egter ’n nagmerrie wat hy hom in sy wildste drome nie kon voorstel nie. Vrydag 12 Mei was hy en sy vrou Hazel op pad na hul weeklange vakansie by Mabula Lodge. By die brug oor die N1 net voor die Grasmere Tolhek, het twee vragmotors  in die rigting van die aankomende verkeer gestaan met rook wat uit hulle trek. Tussen die dubbelbane was ’n  ambulans.
Sy eerste gedagte was ’n ongeluk met verkeer wat tot stilstand gekom het. So 30 tree anderkant die brug was selfs drie of vier metro polisievoertuie.
Die Strydom-egpaar se voertuig was die eerste om deur te beweeg by die toneel. Net toe hulle deur is, is hul agterruit met ’n  klip stukkend gegooi. Een van die klippe is reg van bo die brug op hul gegooi en die ander van die regterkant. Johan vertel die eerste waaraan hy kon dink, was sy vrou se veiligheid. Hy het die metro polisie gevra het of hulle kan verder ry en of daar dalk nog probleme vorentoe was. Die kar was volgelaai, reg vir die vakansie en met die skok van die stukkende ruit ten spyt, het Johan so vinnig as wat hy kon van die toneel weggery, toe hulle sê daar is nie probleme nie. ’n Gebreekte ruit was immers baie minder werd as hul lewens. Vreemd genoeg het die metro polisie geen vrae gevra, hul gewaarsku of selfs probeer help nie, sê Johan. Ook geen waarskuwing van die ambulanspersoneel wat  alles sien gebeur het. In Alberton het hy by vier plekke gestop, maar kon nie dadelik regkom met ’n ruit vir sy Mercedes nie. ’n Week later is die ruit in Warmbad ingesit, maar wat ’n manier om jou vakansie te begin! “Ek ry al jare die pad. Ek verkies maar die hoofweë,” sê Johan. Hierdie was hy beslis nie te wagte nie. Nou wil Johan weet of daar mense was wat ooggetuie was of self slagoffers? Johan kan by 082 778 6701 gekontak word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button