NewsNews

Vermeende dief dood na hy onder vragmotor beland

VEREENIGING. – ‘n Vermeende dief  is dood na hy onder ‘n vragmotor beland het. Die ongelukstoneel. Foto: Lazarus Dithagiso Volgens ooggetuies kruip die diewe weg en wanneer die vragmotor by die verkeerslig stop, spring hulle op om die skrootmateriaal te steel.   Die bestuurder van die vragmotor sê hy het gevoel die wiele aan die …

Die ongelukstoneel. Foto: Lazarus Dithagiso

Volgens ooggetuies kruip die diewe weg en wanneer die vragmotor by die verkeerslig stop, spring hulle op om die skrootmateriaal te steel.

 

Die bestuurder van die vragmotor sê hy het gevoel die wiele aan die linkerkant agter lig effens op en hy ry oor iets. Hy het gestop en afgetrek en gesien dit is ‘n mens, maar daar was geen teken van enige persoon toe hy die kruising oorgegaan het nie.

 

Die polsie en nooddienspersoneel is na die toneel ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar.

 

Volgens die polisie is daar die afgelope agt maande al meer as 10 mense dood wat op die manier skrootmateriaal van bewegende vragmotors steel.

 

Die voorval het op 29 Mei omstreeks 12:30 in Houtkopweg by die Vereeniging/Potchefstroomkruising  plaasgevind.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button