NewsNews

Koue een té veel vir wêreldrekordpoging

Hierdie was sy 53ste wêreldrekordpoging, maar die koue van die Vrystaatse winters was een té veel en kon Andre van Zijl net 35 van sy beoogde 50 ure op ’n  vierwielmotorfiets voltooi. Die wêreldrekordpoging is verlede Donderdag aangepak en sou duur tot Saterdag. André het die projek aangepak ten bate van Epilepsie SA, Kansa Parys …

Hierdie was sy 53ste wêreldrekordpoging, maar die koue van die Vrystaatse winters was een té veel en kon Andre van Zijl net 35 van sy beoogde 50 ure op ’n  vierwielmotorfiets voltooi.
Die wêreldrekordpoging is verlede Donderdag aangepak en sou duur tot Saterdag. André het die projek aangepak ten bate van Epilepsie SA, Kansa Parys en die plaaslike DBV-tak.
Van sy vorige wêreldrekordpogings het onder meer ingesluit om vir 101 ure aaneen te braai, Tafelberg met rolskaatse te probeer klim, te disko dans vir 345 ure aaneen en om vir 55 uur op ’n  telefoon te klets.
Dankie aan Andy Leondios van Le Grand Chateau wat verblyf vir André voorsien het asook Tony Jardim van Springbok kafee en Bennie Pretoius van Real Adventures wat daar was om hom te ondersteun ten spyte van die koue. En al is dit ’n  nie-amptelike rekord wil dit steeds gedoen wees! André is nou op pad Vereeniging toe waar hy eers vir ’n  paar dae gaan ontspan.

Andre van Zijl saam met Bennie Pretorius wat hom tydens die poging gemonitor het. Gary Westwood en inwoners van Epilepsie Suid-Afrika het Andre kom ondersteun.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button