NewsNews

Horlosie-slae weer ná jare gehoor

Tyd staan vir niemand stil nie. Op die halfuur en op die uur, hoor jy dit. Inwoners van Vredefort ken die bekende slae van die kerkhorlosie van die NG Kerk, of die klipkerk soos dit alom bekendstaan. Die afgelope bykans 10 jaar was die horlosieslae egter stil en is daar vergeefs na die kloktoring gekyk …

Tyd staan vir niemand stil nie. Op die halfuur en op die uur, hoor jy dit. Inwoners van Vredefort ken die bekende slae van die kerkhorlosie van die NG Kerk, of die klipkerk soos dit alom bekendstaan. Die afgelope bykans 10 jaar was die horlosieslae egter stil en is daar vergeefs na die kloktoring gekyk vir die tyd. Tot sowat twee maande gelede toe sakeman Kim Odysseus besluit het die horlosie moet reg. Hy’t rondgevra en uiteindelik by Tem Booyens uitgekom. Hoewel Tem vandag sinoniem is met die dorp se klerefabriek, Tem’s Sewing, is Tem eintlik ’n horlosiemaker van beroep wat jare lank saam met sy broer Daan, bekende gesigte was by Urie Juweliers in Parys. Die onderneming bestaan lank reeds nie meer nadat Daan Pretoria toe verhuis het.
Horlosies is Tem se passie en belangstelling en daarom was die kerkhorlosie beslis  ’n uitdaging wat hy nie geskroom het om aan te pak nie. Tem het eers die sowat 12m hoë kloktoring uitgeklim om te gaan kyk wat skort, en toe begin met die skoonmaakwerk. Daarna is die tyd ingestel en was dit nog net die slagwerke wat so bietjie fyn instel kortkom. En siedaar – die horlosie loop nou en sy welluidende slag op die halfuur en uurslae sal weer getrou tyd hou van die dag se ure. Die horlosie is in 1923 in Holland gemaak. Voortaan sal die kerk se tuinier sorg dat die horlosie elke week opgewen word. Al het dit hom ’n paar uur se werk vir dae  gekos om die horlosie aan die loop te kry, kan jy hoor dat Tem dié takie met groot passie en ondernemingsgees aangepak het, want horlosiewysers tik ná aan dië horlosiemaker se hart.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button