NewsNews

Collie boek hom toe maar self in

Die spreekwoord sê elke hond kry sy dag. Dié dag was Moedersdag. Die dag toe hierdie jong Border Collie reuntjie homself by die plaaslike DBV-tak gaan inboek het. En sedertdien is dit sy tuiste want niemand het nog na hom kom soek nie. Maar onbepaald kan hy ook nie hier bly nie. Só vertel Amelia …

Die spreekwoord sê elke hond kry sy dag. Dié dag was Moedersdag. Die dag toe hierdie jong Border Collie reuntjie homself by die plaaslike DBV-tak gaan inboek het. En sedertdien is dit sy tuiste want niemand het nog na hom kom soek nie. Maar onbepaald kan hy ook nie hier bly nie.

Só vertel Amelia van Zyl, fondsinsamelaar van die Parys DBV. Dié Sondag toe hy so uit die niet daar aangekom het, het sy dringende papierwerk gehad om te gaan klaarmaak by die DBV. Terwyl sy werk hoor sy die geblaf en getjank voor die DBV-hek. Toe sy kyk staan hy daar.

Is dit jou hond of weet jy aan wie hy behoort. Help hom asseblief om weer sy eienaars op te spoor. Vir meer inligting skakel die DBV by (056) 811 3671.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button