NewsNews

Sy gesin was sy alles

Vier dinge het hom baie ná aan die hart gelê. Sy gesin, sy 3 kleinseuns, sy diere en sy fiets. Dit was die spilpunt waarom die lewe gedraai het vir  Simon van der Ende ’n  sakeman van Parys.’n  Man wat op 62 skielik weggeneem is van sy familie toe hy gesterf het ná ’n  hartoperasie …

Vier dinge het hom baie ná aan die hart gelê. Sy gesin, sy 3 kleinseuns, sy diere en sy fiets. Dit was die spilpunt waarom die lewe gedraai het vir  Simon van der Ende ’n  sakeman van Parys.’n  Man wat op 62 skielik weggeneem is van sy familie toe hy gesterf het ná ’n  hartoperasie in die Midvaal hospitaal in Drie Riviere op Vrydag 26 Mei.
’n  Roudiens vir Simon word Vrydag 2 Junie om 14:30 vanuit die NG gemeente Parys-Oos gehou.
As werktuigkundige van beroep het Simon en Bernadet in 1982 van Nederland na Suid-Afrika gekom. In 2 000 vestig die egpaar hulle in Parys en koop hulle Enslins wat Bernadet se onderneming sou word. ’n Paar jaar later in 2008 begin Simon KSS Blinders – iets wat hy met groot trots en liefde vir sy werk tot aan die einde gedoen het. Hierbenewens het hy tot Januarie vanjaar ook naaimasjiene gediens.
Fietsry het hy baie geniet al het hy eers op 40 begin ry. In sy lewe sou hy 19 Argusse voltooi – die laaste in 2016. Tot op 50 het hy ook nog interprovinsiaal meegeding.
Elke jaar met die Dragon bootresies tydens die Parys Dome Adventure Festival was Simon daar – aanvanklik as borg vir een van die spanne, maar later ook vir baie jare as stuurman.
Hy was ’n  familiemens wat altyd tyd gemaak het vir sy gesin en familie se behoeftes. Of dit langs die viswaters of sommer net speel saam met die kleinkinders was – dit het Simon oneindige vreugde gegee.
Hy word oorleef deur Bernadet, sy vrou met wie hy 40 jaar getroud was, sy dogters Amanda en Linda, skoonseuns Paul en Johan en kleinseuns Paul, Sian en Kobus.
Baie dankie aan elkeen van sy kliënte wat hom oor die jare in sy onderneming ondersteun het en die mense van Parys maar ook elders wat na die gesin uitgereik het met die afsterwe van Simon. Dankie ook aan die dokters en mediese personeel van MediClinic Vereeniging en die Midvaal Hospitaal.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button