NewsNews

Swak gesondeheidsdienste in Noordwes nou ernstige probleem

Schutte sê Noordwes se ANC-regering sal drastiese stappe moet neem om hierdie noodsaaklike dienste weer op ʼn goeie standaard te kry. Foto: Gallo Images / City Press / Muntu Vilakazi / eNCA Verswakkende gesondheidsdienste in Noordwes raak ʼn ernstige probleem, en die volgende behoort as waarskuwing te dien dat iets dringend aan die saak gedoen …

Foto: Gallo Images / City Press / Muntu Vilakazi / eNCA

Verswakkende gesondheidsdienste in Noordwes raak ʼn ernstige probleem, en die volgende behoort as waarskuwing te dien dat iets dringend aan die saak gedoen moet word, sê Hannes Schutte, VF Plus-lid van Noordwes se provinsiale wetgewer.

Hy sê die volgende dien vermelding:

  • Op 17 Mei 2017 rapporteer die Openbare Dienste-Kommissaris (ODK) aan die staande komitee van wetgewersake dat hospitaal- en kliniekdienste baie swak is in Noordwes.
  • Die rioolverwerkingsaanleg naby die drie jaar oue Moses Kotane-hospitaal werk nie. Geen instandhouding van die rioolaanleg word gedoen nie. Dit skep ʼn groot gesondheidsrisiko vir pasiënte en personeel.
  • Daar is geen lopende skoon water in sommige klinieke nie, terwyl puttoilette nog in gebruik is.
  • Lang wagtye vir ambulanse is aan die orde van die dag. By Ventersdorp-hospitaal wissel dit tussen 2 tot 3 uur, terwyl dit in die Rustenburg- / Brits-afgeleë gebiede tot 4 uur is.
  • Baie goeie gehalte toerusting is nie in ʼn werkende toestand nie, omdat daar nie geld is vir herstelwerk nie.
  • Die gebrek aan professionele personeel (dokters en verpleegsters) plaas groot druk op beskikbare persone wat lang ure moet werk. Gebrek aan etiek en dissipline het tot gevolg dat pasiënte nie behoorlik versorg word nie.

Schutte sê Noordwes se ANC-regering sal drastiese stappe moet neem om hierdie noodsaaklike dienste weer op ʼn goeie standaard te kry.

Related Articles

Back to top button