NewsNews

Aardklop: In die gemeenskap vir die gemeenskap

Die jaar snel verby en die span by Aardklop is reeds hard aan die werk om seker te maak 2017 is ʼn groot sukses. Ons fokus lê vanjaar weer sterk op die gemeenskap en daarom beplan ons om ʼn reeks inisiatiewe, waarby Potchefstromers betrokke kan wees en kan baat, van stapel te stuur.   Een… …

Die jaar snel verby en die span by Aardklop is reeds hard aan die werk om seker te maak 2017 is ʼn groot sukses.

Ons fokus lê vanjaar weer sterk op die gemeenskap en daarom beplan ons om ʼn reeks inisiatiewe, waarby Potchefstromers betrokke kan wees en kan baat, van stapel te stuur.

 

Een van hierdie projekte is die Feessak-projek wat verlede jaar reeds afgeskop het en ons beoog om dit vanjaar met ʼn paar aanpassings en selfs groter sukses deur te voer. Die fokus van die projek is om seker te maak dat elke element daarvan direk uit die gemeenskap van Potchefstroom kom.

 

Dit is juis ter ondersteuning van ons fokus op die gemeenskap dat Artéma ingestem het om as borg vir die projek op te tree. “Artéma is reeds sedert sy ontstaan 14 jaar gelede betrokke by Aardklop en by kunste-ontwikkeling Tlokwe.  Ons betrokkenheid by hierdie sakke-projek is ‘n verdere bevestiging van ons ondersteuning van kunste-entrepreneurs in ons gemeenskap en van Aardklop as krities-belangrike kunstefees vir die groter Tlokwe-gemeenskap.” – Chris de Bruyn; Bestuurder: Artéma  Instituut vir kunstebestuur en ontwikkeling.

 

Die feessakke – wat aan die begin van die fees aan kunstenaars, borge en donateurs gegee word – word deur vroue van die gemeenskap gemaak. Hierdie vroue is in verskeie besigheidsvaardighede opgelei deur Heritage Life Centre en bestuur nou hul eie besigheid waarin hulle voltyds leersakke vir ʼn koffiewinkel in Potchefstroom maak. Volgens Marlouise Broodryk – aan die stuur van die besigheidsbeen van Heritage Life Centre – word hierdie vroue ondersteun deur ʼn deurlopende proses van mentorskap, evaluasie en advies. “Die opstel van begrotings, bepaling van fooistrukture en tydsbestuur is onder andere vaardighede waarvan hierdie dames leer”, sê Marlouise.

 

Materiaal wat vir die projek gebruik word, kom ook uit die gemeenskap van Potchefstroom en ons nooi almal uit om hul oorskiet/afval lappies by Aardklop se kantore (Molenstraat 69) af te gee.

2. Alexa Strachan en Jacinda Doinet van Aardklop saam met Ester Mahlabe en Maria Mahlabe, twee van die dames wat hierdie pragtige feessakke maak.

1. Maria Mahlabe en Ester Mahlabe, twee van die vroue wat die sakke maak, saam met Chris de Bruyn van Artéma.

Related Articles

Back to top button