NewsNews

Rekordpoging vir 50 uur op ’n vierwiel om ander te help

Het jy al vir 101 ure aaneen gebraai, Tafelberg met rolskaatse probeer klim, gedisko dans vir 345 ure aaneen of selfs probeer om vir 55 uur op ’n  telefoon te klets? Hierdie is maar net van die 52 wêreldrekordpogings wat André van Zijl al aangepak het, en hierdie week wil hy met sy 50 uur …

Het jy al vir 101 ure aaneen gebraai, Tafelberg met rolskaatse probeer klim, gedisko dans vir 345 ure aaneen of selfs probeer om vir 55 uur op ’n  telefoon te klets? Hierdie is maar net van die 52 wêreldrekordpogings wat André van Zijl al aangepak het, en hierdie week wil hy met sy 50 uur aaneen vierwielmotorfietsry geld insamel vir drie plaaslike instansies.
Sy poging is ter fondsinsameling van die plaaslike DBV, Kansa en Epilepsie SA takke. Watter beter datum as hierdie week.
Vrydag 26 Mei is Tekkie Tax-dag. ’n  Dag wanneer duisende Suid-Afrikaners maar ook Parysenaars juis met vrolike tekkieveters en plakkers hul bydrae op dié manier sal gee vir die welsynsorganisasies soos Epilepsie Suid-Afrika en Vrystaat Versorging in Aksie wat by die projek baat en op dié manier weer ander in ons samelewing help.
Hoewel André nie ’n  Parysenaar is nie, het dié dorp en sy mense sommer uit die staanspoor diep in sy hart gekruip. Hy nooi alle Parysenaars om sy wêreldrekordpoging van Donderdag tot Saterdag by    Real Adventures te kom help monitor en met die onderskeie organisasies vir wie hy die projek aanpak, te skakel om te hoor waar jy ’n  bydrae kan maak.
Mense wat graag wil help om die DBV se geweldige nood te verlig, kan hondekos of katkos  by die DBV self of by Springbok kafee afgee of die DBV skakel by 073 655 2914.

Related Articles

Back to top button