NewsNews

“Ons het nie gekom vir jou nie”, sê rowers

Terwyl huisrowers vanoggend ‘n huishulp met kabelbinders in een van die kamers  van haar werkgewer se huis vasgemaak het, het hulle vir haar gesê dat hulle nie daar is vir haar nie, net vir die goed wat hulle kom haal het. Sy was alleen tuis. Só is die huisrowers wat hul as kontrakteurs voorgedoen het …

Terwyl huisrowers vanoggend ‘n huishulp met kabelbinders in een van die kamers  van haar werkgewer se huis vasgemaak het, het hulle vir haar gesê dat hulle nie daar is vir haar nie, net vir die goed wat hulle kom haal het. Sy was alleen tuis.

Só is die huisrowers wat hul as kontrakteurs voorgedoen het toe daar weg met onder meer juwele, klere, ‘n skootrekenaar en .38 Special rewolwer.

Die huisroof was vanoggend by ‘n huis in Eikelaan, Parys. Die niksvermoedende huishulp het die hek oopgemaak vir die “kontrakteurs” wat die toeter gedruk en toe gevra het dat sy oopmaak omdat hulle moet kom kyk na die muurproppe en elektriese kragbord vir ‘n elektriese heining wat die eienaar wil laat oprig.

Volgens die polisie het sy 2 mans in die huis ingelaat en was daar nog 3 agterop die bakkie. Nadat hulle na die muurproppe en elektriese kragbord gekyk het en alles neergeskryf het vir hul “kwotasie” is die mans daar weg. Vyf minute later was hul terug glo omdat hulle en die eienaar oor sekere aspekte van die kwotasie verskil.

Met dié is die huishulp toe vasgebind, die wapenkluis oopforseer en die res van die buit gevat. ‘n Tuinier het opgemerk dat dit ‘n wit Ford Bantam of Chev Utility bakkie is, en het nog een van die bure in die omgewing probeer om die huisrowers vas te trek, maar tevergeefs.

Volgens die huishulp het een van die mans ‘n panga by hom gehad. Sy is nie beseer nie

Gister, Dinsdag 23 Mei, is daar ook ‘n Mercedes 230E 1992-model op die Shoprite parkeerarea helder oordag gesteel.

Die polisie waarsku dat huisbrake, inbrake by besighede asook huisbrake in die nywerheidsgebied van Parys skerp gestyg het. Maak doodseker jy laat niemand in jou huis wie jy nie ken nie, en dat jou kinders en werkers weet as jy iemand by jou huis sou verwag.

Related Articles

Back to top button