NewsNews

Geen bygelowe, net geloof

Wanneer daar uit twee rigtings kameras kliek, gebeur dit. Kyk links of kyk reguit. Dié foto was geneem tydens ’n  begrafnis van ’n  familielid waar almal van heinde en ver weer bymekaar was. Mense wat ook op 27 Mei 50 jaar gelede die troudag van Johannes en Susan Maree bygewoon het in die NG Moedergemeente, …

Wanneer daar uit twee rigtings kameras kliek, gebeur dit. Kyk links of kyk reguit. Dié foto was geneem tydens ’n  begrafnis van ’n  familielid waar almal van heinde en ver weer bymekaar was.
Mense wat ook op 27 Mei 50 jaar gelede die troudag van Johannes en Susan Maree bygewoon het in die NG Moedergemeente, Kroonstad. Johannes en Susan, bekende inwoners van Vredefort, het op 15 April 1967 stil-stil verloof geraak. Interessaant genoeg was Susan se pa se voorletters  G.T. (’n  motorterm). Hul van was Bosch (motoronderdele) en die plaas se naam was Kyalami (resiesbaan). Johannes het ’n  Alfa Romeo sport sedan gehad en die bruidspaar het daarin gery. Drie vriende het elkeen ’n  Alfa Romeo Guiletta sport gehad vir die gevolg.
Teëspoed was daar genoeg. Johannes het self ’n  drukkery gehad en landwyd in troukaartjies gespesialiseer. Maar toe die paartjie se eie troukaartjies gedruk word, glo dit of nie, was dit ’n  mislukking en moes oorgedruk word. Daar moes vyf keer van lokaal verander word vir die onthaal, en uiteindelik van seile op die rivierwal (Kroonstad) gebruik gemaak word. Dit was ’n  regte boeretroue met tannies wat koeke gebak het, en skoonpa wat die vleis voorsien het. Skape was duur – R7,50 stuk.  Die onthaal het R1 per persoon gekos.
Voor die kansel het die ring geval. Die professionele fotograaf se kleurfoto’s was alles donker en onbruikbaar, en selfs die bandopnames met die beste bandopnemer was onbruikbaar.
Presies ’n  jaar later, op hul troudag, val die groot spieël in hul slaapkamer sommer net van die muur af. Flenters voor hule voete terwyl hulle op die bed gesit en koffie drink het.
Die wittebrood het die bruidegom geruk. Vier nagte in Durban se Beach Hotel plus brandstof en eetgoed was meer as R75. Dit gesê was dit geen bygelowe, maar geloof wat die sement is wat nog steeds hou, gesels Johannes en Susan oor hul huwelik.
Johannes het pas sy  boek voltooi wat handel oor die ontstaan van Vredefort en die streek se geskiedenis en families. Hy is ’n  nasaat van die eerste Voortrekkers wat hier ’n  sooi gespit en  huis gebou het.

Related Articles

Back to top button