NewsNews

Staat wil vra dat een se borg ingetrek word

In ‘n onverwagte wending het die staat vanoggend ‘n aansoek gebring waarin  gevra sal word om die borg in te trek van een van die beskuldigdes in die verhoor wat tans in die Rondgaande Hoë Hof in Parys aangehoor word ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa. Die verhoor is al sedert 2 …

In ‘n onverwagte wending het die staat vanoggend ‘n aansoek gebring waarin  gevra sal word om die borg in te trek van een van die beskuldigdes in die verhoor wat tans in die Rondgaande Hoë Hof in Parys aangehoor word ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa. Die verhoor is al sedert 2 Mei aan die gang en op die hofrol tot hierdie Vrydag 26 Mei.

Die staat voer aan dat  een van die 6 beskuldigdes wat tereg staan op klagte van moord op Jubeda en Tjixa in Januarie 2016, na bewering glo dreigemente ten opsigte van die staat se getuies sou gemaak het. Fanie Oosthuizen, ‘n 204 getuie vir die staat het vanoggend reeds in die getuiebank gesit vir verdere kruisondervraging wat met die aanvang van die hofverrigtinge om 09:00 moes begin, toe die verrigtinge vertraag is in die lig van die aansoek.

Die staat wil nou vra dat Anton Loggenberg se borg teruggetrek word omdat hy na bewering glo sy borgvoorwaardes sou verbreek het. Die verdediging staan die aansoek teen.

Toe die saak net na 11:00 in die distrikshof geroep is, het landdros Gustav Prinsloo aangedui dat hy gaan onttrek in die lig daarvan dat die beskuldigde aan hom bekend is en dat sou daar  daarom selfs net ‘n persepsie wees in die gemeenskap,  al is dit nie gegrond op feite, dat daar moontlik konflik van belange kan wees , hy derhalwe die besluit neem. Dit is nog nie bekend wie die aansoek gaan aanhoor nie. Prinsloo het die hof verdaag sodat alternatiewe reëling getref kan word.

Die Hoë Hof verrigtinge is intussen uitgestel na môre 09:00 en kon in die lig van die aansoek nie voortgaan nie.

Verslaggewers is Maandag in die hof al deur die staatsaanklaers versoek om nie foto’s van die 204-getuies te neem nie uit vrees vir intimidasie. Meer inligting is nie gegee nie behalwe net dat die versoek gegrond is op ‘n voorval.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button