NewsNews

Saak oor borg eers môre aangehoor

Die staat se aansoek om die borg in te trek van een van die beskuldigdes in die verhoor wat tans in die Rondgaande Hoë Hof in Parys aangehoor word ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, sal nou eers môre oggend om 09:00 aangehoor word. Die staat voer aan dat  een van die …

Die staat se aansoek om die borg in te trek van een van die beskuldigdes in die verhoor wat tans in die Rondgaande Hoë Hof in Parys aangehoor word ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, sal nou eers môre oggend om 09:00 aangehoor word.

Die staat voer aan dat  een van die 6 beskuldigdes wat tereg staan op klagte van moord op Jubeda en Tjixa in Januarie 2016, na bewering glo dreigemente ten opsigte van die staat se getuies sou gemaak het. Fanie Oosthuizen, ‘n 204 getuie vir die staat het vanoggend reeds in die getuiebank gesit vir verdere kruisondervraging wat met die aanvang van die hofverrigtinge om 09:00 moes begin, toe die verrigtinge vertraag is in die lig van die aansoek.

Die staat wil nou vra dat Anton Loggenberg se borg teruggetrek word omdat hy na bewering glo sy borgvoorwaardes sou verbreek het. Die verdediging staan die aansoek teen.

Toe die saak net na 11:00 in die distrikshof geroep is, het landdros Gustav Prinsloo aangedui dat hy gaan onttrek in die lig daarvan dat die beskuldigde aan hom bekend is en dat sou daar  daarom selfs net ‘n persepsie wees in die gemeenskap,  al is dit nie gegrond op feite, dat daar moontlik konflik van belange kan wees , hy derhalwe die besluit neem.  Prinsloo het die hof toe verdaag sodat alternatiewe reëling getref kan word. Kort na 14:00 vanmiddag is gehoor dat die aansoek nou môre om 09:00 hier in die distrikshof in Parys aangehoor sal word.

Die Hoë Hof verrigtinge is intussen ook uitgestel na môre.

Verslaggewers is Maandag in die hof al deur die staatsaanklaers versoek om nie foto’s van die 204-getuies te neem nie uit vrees vir intimidasie. Meer inligting is nie gegee nie behalwe net dat die versoek gegrond is op ‘n voorval.

Die verhoor in die hooggeregshof is op die hofrol geplaas tot hierdie Vrydag, 26 Mei.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button