NewsNews

Man vir 129 jaar tronk toe

’n 37 jarige man is Vrydag (19 Mei) in Klerksdorp tot 129 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan 17 aanklagte wat moord, verkragting, roof, ontvoering en aanranding ingesluit het. Illustration photo ’n 37 jarige man is Vrydag (19 Mei) in Klerksdorp tot 129 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan 17 …

police,saps

Illustration photo

’n 37 jarige man is Vrydag (19 Mei) in Klerksdorp tot 129 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan 17 aanklagte wat moord, verkragting, roof, ontvoering en aanranding ingesluit het.

Tshidiso Robert Radebe (37) het tussen 19 en 22 April verlede jaar verskeie vroue verkrag, insluitend sy meisie se 15 jarige dogter en ’n man vermoor.

“Radebe het die 15-jarige in die bosse verkrag nadat hy haar met ’n mes gedreig het. Toe vat hy haar na ’n ander plaas waar hy haar weer verkrag het. Hy het haar in ’n huis met ’n tou vasgebind, maar toe hy later terugkom, het hy agter gekom dat sy weg is,”  het Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, gesê.

Radebe is na ’n ander plaas waar hy ’n vrou met ’n knopkierie geslaan het en gedwing het om saam met hom te gaan. Hy het na bewering gevlug toe die vrou skree en hy ’n veewagter sien.

“By die volgende plaas het hy ’n man met die knopkierie geslaan, sy vrou verkrag en haar gedwing om saam met hom na ’n ander plaas te gaan. Hy het sy vriendin se broer by dié plaas met die knopkierie geslaan, hom vermoor en sy lyk verbrand,” het Moleko gesê

Volgens haar was hy daarna na ‘n plaas in die Vrystaat waar hy tevore gewerk het.  Hy het weggehardloop toe die boer en die polisie daar aankom. Hy is kort daarna op ‘n plaas naby Leeudoringstad in hegtenis geneem.

Related Articles

Back to top button