NewsNews

Doringrosie: Kyk wie is deel van Ensamble

Danelle Cronje, oudleerling van Hoërskool Parys tree tans op in Doringrosie by Emperors Palace. Doringrosie is ’n Afrikaanse pantomine en eindig op 4 Junie. Danelle is deel van die Ensamble, maar is ook onderspeler vir die hoofrol Doringrosie wat deur Charlize Berg vertolk word. Danelle  verwerf haar diploma in Musiekteater deur Oakfields Kollege in 2016. …

Danelle Cronje, oudleerling van Hoërskool Parys tree tans op in Doringrosie by Emperors Palace.
Doringrosie is ’n Afrikaanse pantomine en eindig op 4 Junie. Danelle is deel van die Ensamble, maar is ook onderspeler vir die hoofrol Doringrosie wat deur Charlize Berg vertolk word.
Danelle  verwerf haar diploma in Musiekteater deur Oakfields Kollege in 2016. Tydens haar studentejare tree sy op in “Carrie” (ondersteunende hoofrol), “The Cradele will rock”, “Passing Strange” asook in “Songs for a New World” by die Grahamstad Nasionale Kunstefees. Sy vorm ook deel van verskeie korporatiewe produksies soos “67 Blankets”, “Bidvest on Broadway” en ’n  funksie vir Tiger Brands.
Danel het in graad 1 die eerste keer aan ‘n kunswedstryd deelgeneem saam met mev. Marli Kruger wat haar afrigter en begeleier op skool was.
Aan die begin van die jaar was sy ook deel van die produksiespan van Liefde is… wat deur die Hoërskool aangebied is

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button