NewsNews

Happy glimlag oor elke skoenveter en plakker

Trek jou tekkies aan en deel in die pret van vanjaar se Tekkie Tax Dag op 26 Mei. Jou tekkies met kleurvolle Tekkie Tax veters of plakker kan ’n  groot verskil in verskeie mense se lewens maak wat gehelp word deur dié organisasies wat baat vind by die jaarlikse Tekkie Tax Dag. In Parys is …

Trek jou tekkies aan en deel in die pret van vanjaar se Tekkie Tax Dag op 26 Mei.
Jou tekkies met kleurvolle Tekkie Tax veters of plakker kan ’n  groot verskil in verskeie mense se lewens maak wat gehelp word deur dié organisasies wat baat vind by die jaarlikse Tekkie Tax Dag.
In Parys is Vrystaat Versorging in Aksie en Epilepsie Suid-Afrika van die organisasies wat hierby baat.
Vir Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-tak is dit een van hul hoof fondsinsamelingsprojekte.
Vanjaar sal die fondse van Tekkie Tax Dag spesifiek gebruik word om die Kuns en Handwerk Opleidingsprojek vir mense met gestremdhede (Arts & Crafts Training for People with Disability) uit te brei.
Om te help met die fondsinsameling, is die Tekkie Tax gelukbringer, Happy, spesiaal in Parys waar hy beskikbaar is om funksies, kerke, besighede en skole gratis te kom besoek.
Al wat hy vra is om Epilepsie SA toe te laat om waar hy ookal gaan, Tekkie Tax plakkers en skoenveters te verkoop.
As jy wil hê Happy moet ’n draai kom maak, skakel Ané by (056) 811 5959.
Met so min as R10 vir ’n  plakker of R35 vir ’n paar skoenveters, kan jy jou bydrae maak vir Tekkie Tax.
Trek jou tekkies aan en maak seker jy is deel van die pret op 26 Mei.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button