NewsNews

Gesteelde spoorstawe gekry

In twee afsonderlike voorvalle die afgelope twee weke is beslag gelê op 53 stukke gesteelde spoorstawe van 3m elk, en nog 103 stukke van 3m elk. Die spoorstawe is agter die Schonkenville-woonbuurt in die omgewing van die plaas Kliprug gesteel. Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) het inligting ontvang van ’n vragmotor met spoorstawe wat in die …

In twee afsonderlike voorvalle die afgelope twee weke is beslag gelê op 53 stukke gesteelde spoorstawe van 3m elk, en nog 103 stukke van 3m elk. Die spoorstawe is agter die Schonkenville-woonbuurt in die omgewing van die plaas Kliprug gesteel.
Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) het inligting ontvang van ’n vragmotor met spoorstawe wat in die veld agter die Afri Dome in die modder vassit. Die inligting is opgevolg, waarop die vragmotor verlate gekry is en die polisie beslag gelê het op die gesteelde spoorstawe en die vragmotor. Verlede Maandag het LGV egter ’n tweede oproep gekry met inligting van nog ’n vragmotor wat op dieselfde plek in die veld in die modder vasgesit het. Van die spoorstawe het langs die vragmotor gelê. Ooggetuies het gesien dat die verdagtes weghardloop en toe met ’n bakkie gevlug het.
Nadat inligting opgevolg is, kon daarin geslaag word om ’n  foto van die vragmotorbestuurder te kry. Terwyl speurders, die polisie se forensiese afdeling en verteenwoordigers van Transnet nog besig was met die ondersoek op die toneel, het die man wat uitgeken is as die vragmotorbestuurder, na die vragmotor aangestap gekom en is hy in hegtenis geneem. Danksy  die vinnige reaksie van LGV, kon daar ook op dié vragmotor en spoorstawe beslag gelê word.
Die polisie het intussen vasgestel wie die eienaar van die vragmotor is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button