NewsNews

Elektriese heining hou rowers nie uit nie

’n  Ma en kind was verlede week die slagoffers van ’n gewapende rooftog wat verlede Vrydag in die vroeë oggendure by die Fisantmeenthuise in Muisvoëlsingel, Oudewerfpark, plaasgevind het. Die drie verdagtes het die elektriese omheining geknip om so toegang tot die perseel te verkry en van die huis se diefwering gebuig om in te kom. …

’n  Ma en kind was verlede week die slagoffers van ’n gewapende rooftog wat verlede Vrydag in die vroeë oggendure by die Fisantmeenthuise in Muisvoëlsingel, Oudewerfpark, plaasgevind het. Die drie verdagtes het die elektriese omheining geknip om so toegang tot die perseel te verkry en van die huis se diefwering gebuig om in te kom. Twee van die mans was met handwapens gewapen.
Volgens die polisie het die vrou omstreeks 02:30 ’n geluid gehoor en gaan ondersoek instel. Die mans het haar gesien en deur die venster ’n wapen op haar gerig. Sy kon daarin slaag om die We Care-groep om hulp te vra en het saam met haar kind in die badkamer gaan wegkruip.  Die mans wou geld en wapens hê, maar toe hulle dit nie kry nie, het hulle te voet met haar selfoon, verloofring en juweliersware gevlug toe hulle die We Care patrolleerders sien aankom. Die vrou en kind is nie beseer nie. Die verdagtes is nog op vrye voet.
Verlede week is daar ook ’n  Hyundai voertuig en twee skootrekenaars tydens ’n  inbraak in Tweedelaan gesteel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button