NewsNews

Twee gewapende rooftogte binne twee ure

Twee huise in Bailliepark, Potchestroom is vandag (16 Mei ) beroof. Die toneel in Van Eckstraat waar die eerste gewapende rooftog plaas gevind het. Die eerste een het in Van Eckstraat omstreeks 12:00 gebeur waarna daar ‘n huis in Landbergstraat omstreeks 14:00 beroof is. In albei gevalle het gewapende mans die bediendes oorval. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder …

Die toneel in Van Eckstraat waar die eerste gewapende rooftog plaas gevind het.

Die eerste een het in Van Eckstraat omstreeks 12:00 gebeur waarna daar ‘n huis in Landbergstraat omstreeks 14:00 beroof is. In albei gevalle het gewapende mans die bediendes oorval.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het drie mans wat glo met messe gewapen is die bediende in Van Eckstraat oorval. Sy is vas gemaak waarna die verdagtes die TV gesteel het en gevlug het.

Later in Landbergstraat het drie verdagtes, wie met semi-outomatiese wapens en ‘n pistool gewapen was ook ‘n bediende oorval. Sy kon gelukkig wegkom sonder kom waarna sy hulp va ndie bure ontvang het. Die TV en juwele is tydens die roof gesteel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button