NewsNews

Polisievoertuig gekaap; skote klap; twee beseer

‘n Jaagtog het gister onstaan na ‘n polisievoertuig op die N3 gekaap is. Nooddienspersoneel van ER24 op die toneel besig om die man, vermoedelik die kaper, te behandel na hy geskiet is. Lede van die polisie en die polisie se lugvleuel het alles in hul vemoë gedoen om die kaper vas te trek. Die jaagtog …

Nooddienspersoneel van ER24 op die toneel besig om die man, vermoedelik die kaper, te behandel na hy geskiet is.

Lede van die polisie en die polisie se lugvleuel het alles in hul vemoë gedoen om die kaper vas te trek.

Die jaagtog het egter tot ‘n einde gekom in Jan Coetzee- en Kritzingerstraat in Florentia, Alberton nadat die vermeende kaper teen ‘n muur vasgejaag het.

Twee mense is in die voorval beseer. ’n Man is kritiek beseer en die polisievrou het matige beserings opgedoen. Sy is na bewering deur ’n onbekende aantal mans uit die motor gekaap.

Die verdagte en die polisie het op mekaar losgebrand en die vermeende kaper is in die kop getref. Die vrouebestuurder van die gekaapte voertuig is uit die motor gegooi toe dit gekaap is.

Die man is agter die stuurwiel van die polisiemotor aangetref. Hy is op die toneel vir sy beserings behandel voor hy hospitaal toe geneem is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button