NewsNews

Totale kragonderbreking Woensdag vir Parys

Gedeeltes van die dorp is steeds sonder krag nadat daar gister op 2 plekke in die dorp asook in Tumahole ondergrondse kabelprobleme ontstaan het. Gedeeltes wat vanoggend nog geraak word sluit in dele van Vaal Parys (omgewing van Eerstelaan, Delverstraat, Noorderstraat, Kruisstraat), die industriële gebied en Mandela-woonbuurt in Tumahole. Voorlopige aanduidings is dat die krag …

Gedeeltes van die dorp is steeds sonder krag nadat daar gister op 2 plekke in die dorp asook in Tumahole ondergrondse kabelprobleme ontstaan het. Gedeeltes wat vanoggend nog geraak word sluit in dele van Vaal Parys (omgewing van Eerstelaan, Delverstraat, Noorderstraat, Kruisstraat), die industriële gebied en Mandela-woonbuurt in Tumahole.

Voorlopige aanduidings is dat die krag moontlik teen 12 uur herstel sal wees, hoewel daar nie met sekerheid gesê kan word nie.

Die munisipaliteit het inwoners die versekering gegee dat tegnici werk om die probleme so gou moontlik te herstel. Daar is sedert gisteraand onverpoosd gewerk aan die kragprobleme tot 03:00 vanoggend.

Mense word ook daaraan herinner dat daar Woensdag 17 Mei ‘n totale kragonderbreking van 09:00 tot 12:00 in die hele Parys, Schonkenville en Tumahole sal wees vir noodsaaklike instandhoudingswerk wat deur die munisipaliteit aan die kragnetwerk gedoen sal word. Beskou alle kragpunte as lewendig gedurende hierdie tyd.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button